Iwan & Izel se woud troue

‘n Woud troue is baie gewild onder paartjies in Suid-Afrika en ons land spog met ‘n paar besonderse trou venues in woude.  By Mooi Troues deel ons die woud troue van Iwan en Izel met ons lesers propvol pragtige trou inspirasie.

Iwan en Izel se woud troue dekor was gedoen deur Mooi Troues diensverskaffer Mozzafiato Events.  Dié  dekor besigheid se naam mag dalk nuut klink, maar ons is opgewonde om met ons lesers te deel dat die naam eers EventWorx was.  Ons glo julle het al baie van EventWorx gehoor.  Mooi Troues se lesers kan hier klik om van hul werk wat voorheen op Mooi Troues gedupliseer was te gaan kyk.  Hulle rede vir die naam verandering is eenvoudig en ons haal aan die stigter, Mario Boffa, se verduideliking: “Ons is steeds dieselfde maatskappy, net naam verander na Mozzafiato Events toe omdat ons geweldig uitgebrei het en nou 2 suster maatskappye het (Mozzafiato Corporate Events en Mozzafiato Wholsaler). Ons wou basies die trou en korporatiewe afdeling skei.”

In die foto’s hier onder sal Mooi Troues se lesers regtig kan sien hoe besonders mooi ‘n woud troue kan lyk.  Asemrowende natuur tonele met pragtige trou dekor gedoen deur professionele in die bedryf.

Rol af en kry sommer baie inspirasie en begin vir jou woud troue te beplan.

Bride getting ready photos Bride getting ready photos Didi Couture

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


20 Oktober 2018.  Ons altwee was 24.

bouqeut Bride getting ready photos Didi Couture Didi Couture Didi Couture Bride getting ready photos Bride getting ready photos Bride getting ready photos Didi Couture Didi Couture Bride getting ready photos Didi Couture Didi Couture

Hoe het julle mekaar ontmoet en hoe het julle verloof geraak?


Ons het mekaar ontmoet in klas op Stellenbosch, waar ons albei Elektries & Elektroniese Ingenieurswese studeer het.  Klas na klas het ons langs mekaar gesit en toe ons weer sien het ons beste vriende geraak.  In Augustus 2014 het ons besluit om ons vriendskap verder te neem en amptelik ‘n paartjie te raak.

Op 24 Junie 2017 het Iwan die groot vraag gevra by die Botaniese Tuine in Stellenbosch.  Hy het die tuin versier met duisende feetjie ligte, reg uit ‘n sprokies verhaal.  Hy het ‘n brief wat hy vir my geskryf het voorgelees, op sy een knie afgegaan en my gevra om te trou.  Daarna het hy my verder verras met ‘n verlowing partytjie by The Fat Butcher restaurant, waar familie en vriende ons ingewag het.

Jack Friedman wedding rings groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het gesoek na ‘n elegante en vloeiende rok met hoed/af-die-skouer moue, maar tog ook iets wat uniek is.  Aangesien ek nie ‘n rok kon kry wat by die prentjie in my kop gepas het nie, het ek besluit om ‘n rok te laat maak.  Dus het ek besluit om na Didi Couture toe te gaan.  Ons het met kleure en kant rond gespeel, tot ons finaal besluit het op champagne bloos sy vir die romp en kant met groot krulle die bostuk.  Die rok was mooi afgerond deur ‘n sluier te kies met ‘n breë kant afwerking.

Die Woud kapel Die Woud kapel groom waiting on bride Die Woud kapel Die Woud kapel Die Woud kapel Didi Couture

Vertel ons meer van jul ringe


Ons het ‘n hele paar maande voor die verlowing al na ringe gaan kyk.  Dit was iets wat ons saam wou doen.  Dus het ek die styl ring gekies sowel as die metaal.  Iwan het op sy eie tyd die prys en diamant bepaal.  Iwan het ook self sy ring uitgekies.  Ons het albei ringe by Jack Friedman gekoop.  My ring is ‘n galaxy styl ring, met ‘n 0.53 karaat middel diamant, omring deur 10 kleiner diamante. Die ring is gemaak van 18 karaat roosgoud.  Iwan se ring is gemaak van 9 karaat roosgoud met afgeplatte rande en ‘n matt afwerking op die middel van die ring.

Die Woud kapel Die Woud kapel Die Woud kapel Die Woud kapel Die Woud kapel Die Woud kapel Lizelle Goussard wedding family photos wedding family photos wedding family photos wedding family photos wedding family photos wedding family photos wedding family photos wedding family photos wedding family photos wedding family photos wedding family photos bride, groom, bridesmaids and groomsmen bride and bridesmaids bride and bridesmaids bride and bridesmaids groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons wou ons troudag vasvang deur van twee tipe style gebruik te maak, elegant en helder vir die foto’s en die video romanties en kinematiese.  Dus het ons besluit om Lizelle Goussard en Aletta Francina Films te gebruik.

Dit was ook baie belangrik vir ons om so gemaklik as moontlik te wees gedurende die foto sessies.  Tydens ons verlowing foto’sessie het Lizelle ons vinnig uit ons boksies laat klim, deur ons te laat lag, leiding te gee waar nodig was en baie laat rond beweeg.  Dit het gehelp om ons so natuurlik as moontlik te maak voor die kamera.  Dus tydens die neem van die troue se foto’s, was ons baie meer op ons gemak.

Lizelle Goussard Lizelle Goussard Lizelle Goussard Lizelle Goussard Lizelle Goussard Lizelle Goussard Lizelle Goussard wedding dress by didi couture Didi Couture Lizelle Goussard

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Aangesien ons besluit het om nie ‘n trou koördineerder te gebruik nie, was dit fantasties om te sien hoe al ons idees mooi by mekaar kom.  Van die dekor wat ons gehuur het tot die plank tafellopers wat ons self gemaak het.  Daar was so baie hoogtepunte tydens die dag, die seremonie, toesprake, ons eerste dans, pa en dogter en ma en seun dans, ens.  Maar die beste deel was toe al die formaliteite klaar was – ons kon toe ontspan en behoorlik fees vier.

Die een ding wat ons sou wou verander, was om die troue bietjie vroeër te laat begin.  Dit sou ons ‘n bietjie meer tyd gegee het om te spandeer saam met ons gaste tydens die pre-drankies asook ook die geleentheid om meer familie foto’s te neem.

wedding dress by didi couture  wedding dress by didi couture Lizelle Goussard wedding dress by didi couture Didi Couture Lizelle Goussard Lizelle Goussard Lizelle Goussard

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Bo en behalwe die feit dat ons ‘n woud troue wou hê, was Die Woud by ver die beste waarde vir geld.  Ons het na 8 verskillende venues gaan kyk, maar Die Woud het bo uitgekom weens sy uniekheid, fantastiese diens en nie een van die ander venues kon kompeteer met sy groot akkerbome en glaskas onthaal area nie.

Ons dekor was baseer op ‘n boheemse glans styl troue, met goud, vlootblou en Boergondië as kleurskema.  Dus het ons edelstene en geometriese vorms gebruik as dekor, selfs ons troukoek was edelstene geïnspireer met ‘n kunstige afwerking.

Die blommerangskikkings het ook ‘n groot rol gespeel om bietjie warmte en kleur in te bring.  Dit was fantasties om met Elizabeth, van Betta-Lilly Floral Design, te werk!  Ek het haar vrye teuels gegee om kreatief te wees en haar unieke styl blomme het almal aan die praat gehad!  Laastens om aan te sluit by die boheemse styl, het Covered Leather leer sleutel houers vir ons gemaak met elke gas se naam op.  Dit het ons gebruik as naamkaartjies by die onthaal, sowel as ‘n praktiese geskenkie wat hulle kon huistoe neem.

Mozzafiato Events Die Woud Mozzafiato Events Die Woud Mozzafiato Events Die Woud Mozzafiato Events Die Woud Mozzafiato Events Die Woud Mozzafiato Events Die Woud Mozzafiato Events Die Woud Mozzafiato Events Die Woud Mozzafiato Events Die Woud Mozzafiato Events Die Woud wedding cake wedding dress by didi couture wedding dress by didi couture wedding party Die Woud

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons aanvanklike begroting was R220 000, met 120 gaste.  Ons het die verantwoordelikheid verdeel in 3: elkeen se ouers ‘n derde en ons as paartjie ook ‘n derde.  Die totaal het op geëindig by sowat R240 000.  Alle partye was van die opinie dat dit ‘n groot geleentheid was en dat die ekstra geld die moeite werd was.  Dit is ook baie belangrik om ‘n sigblad te gebruik om te help met die begroting en om boek te hou van al die betalings.

wedding party Die Woud wedding party Die Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Die Woud wedding party Die Woud wedding party Die Woud wedding party Die Woud

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Kommunikasie tussen die verloofdes is beslis die belangrikste. Daar gaan definitief meningsverskille wees, benader dit net konstruktief en logies en dit sal enige teenstellings vinnig opklaar.  Troue reël en bietjie drama gaan altyd hand aan hand.  Of dit nou van die familie, vriende of ouers se kant af kom, moenie bang wees om jou voet neer te sit nie.  Onthou net op die ou end van die dag bly dit tog julle groot dag en niemand anders s’n nie!  Laastens,sigblaaie is ‘n noodsaaklikheid!

wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding dress by didi couture wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding dress by didi couture wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding dress by didi couture wedding party Die Woud wedding party Die Woud wedding party Die Woud wedding party Dei Woud wedding dress by didi couture wedding party Die Woud wedding dress by didi couture wedding party Dei Woud

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons was vir 10 aande in Bali – 5 dae in Ubud en 5 dae in Kuta.  Ons het verskeie ekskursies gedoen en die hele kultuur-ryke eiland behoorlik getoer.  Hoogtepunte was beslis die hotel en markies in Ubud, snorkel by Lembongan eiland, om joga te doen terwyl ons uitkyk oor die rysvelde, en asemrowende tempels om elke hoek en draai.

wedding party Die Woud wedding party Die Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud wedding party Dei Woud

Diensverskaffers