Jannie & Liezl se verlowing

Jannie en Liezl se verlowing_0001


Dit is die mooi blonde meisie wat Jannie se oog vang toe Liezel saam met haar gesin een naweek op hulle vakansie plaas saam met haar ouers kuier. Dis egter in die mooiste Kaap waar hy haar vir ‘n romantiese piekniek in die Kirstenbosch botaniese tuin vat om die groot vraag te vra.

Hulle koer verlief in pragtige natuur tonele tydens hul verlowing se fotosessie. Ons hou in besonder van die idee op die ou treinspoor en rangeerstasie wat herinner aan tonele uit Ballade vir ‘n Enkeling.


Jannie en Liezl se verlowing_0002 Jannie en Liezl se verlowing_0003


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Jannie het grootgeword op ‘n plaas buite Somerset Oos wat n Lapa en verblyf het waar mens vakansie kan gaan hou.  Ek en Jannie het in 2007 op die plaas ontmoet toe ek en my gesin vir ‘n langnaweek op die plaas gaan kuier het.


Jannie en Liezl se verlowing_0004 Jannie en Liezl se verlowing_0005 Jannie en Liezl se verlowing_0006 Jannie en Liezl se verlowing_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Jannie het my verras met n picnic by Kirstenbosch Botaniese Tuine in Kaapstad. Hy het n picnic mandjie by een van sy vriendinne geleen, dit self gepak met allerhande snacks en shampanje, en vir ons die beste plekkie weg van die baie mense en met die mooiste uitsig oor die Kaap gesoek om te sit. Eers na al die snacks het Jannie die moed bymekaar geskraap om die groot vraag te vra en hy het op sy knie gegaan daar op die gras. Natuurlik was my antwoord ja!


Jannie en Liezl se verlowing_0009 Jannie en Liezl se verlowing_0010 Jannie en Liezl se verlowing_0011 Jannie en Liezl se verlowing_0012


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons troue was op 24 Oktober 2015 in Port Elizabeth.


Jannie en Liezl se verlowing_0013 Jannie en Liezl se verlowing_0014 Jannie en Liezl se verlowing_0015 Jannie en Liezl se verlowing_0016 Jannie en Liezl se verlowing_0017 Jannie en Liezl se verlowing_0018 Jannie en Liezl se verlowing_0019 Jannie en Liezl se verlowing_0020 Jannie en Liezl se verlowing_0021 Jannie en Liezl se verlowing_0022 Jannie en Liezl se verlowing_0023 Jannie en Liezl se verlowing_0024 Jannie en Liezl se verlowing_0025 Jannie en Liezl se verlowing_0026 Jannie en Liezl se verlowing_0027 Jannie en Liezl se verlowing_0028 Jannie en Liezl se verlowing_0029


Diensverskaffers:

Fotograaf: Stella Blanca Photography | Grimering: Leon Botha