Bruin, Groen & Blou trou dekor inspirasie

Ons wys weer vandag vir julle ʼn pragtige versierde tafel, bymekaar gesit vir die bekende program Dagbreek, op Kyknet by Nantes landgoed in die Paarl. Blank Canvas Event het gesorg vir die konsep en stilering van dié tafel.

Vergeet van goud en silwer, dié jaar is koper vol op.  Julle sal sien daar is gebruik gemaak van bruin, tartan materiaal as die tafeldoek, lekker vir die winter. Aangesien die tartan-patroon van Skotse herkoms is, het ons die takbok ook maar sy plekkie op die tafel gegee.  Saam met die bruin, ʼn bietjie groen en pers, dié kombinasie van kleure en die koper installasie skep ʼn outydse, industriële gevoel.

Geometriese vorms is steeds groot nuus is in 2014, en is by gelas, deur middel van skryfbehoeftes.  Die juweel kleur botteltjies maak die tafel bietjie elegant.

Dagbreek Fotografie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0001  Dagbreek Fotografie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003 Dagbreek Fotografie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004 Dagbreek Fotografie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005 Dagbreek Fotografie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006 Dagbreek Fotografie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007 Dagbreek Fotografie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0008 Dagbreek Fotografie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: