Cassandra en Diaan het by die woudagtige trou onthaal, De Uijlenes getrou. De Uijlenes het van die mooiste akkerbome waaronder mens kan trou, veral as jy mal is oor die natuur en graag ‘n troue wil hê wat die natuurlike element in het. Ons is mal oor Diaan se pak wat hy aanhet, nie enige iemand is so bevoorreg om in so ‘n formele pak te kan trou nie. Vir Cassandra en Diaan was die belangrikste dat hulle hul dag geniet, ons kan dit sien in die foto’s wat die talentvolle Taryn Ward geneem het. Ons is gaande oor die foto’s waar Cassandra en Diaan op die gras lê en hulself geniet.
Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?
Ek en Diaan het deur gemeenskaplike vriende ontmoet toe ons nog op skool was. Ons het ons 10 jaar herdenking gevier net 4 maande voor ons troudag. Ons het verloof geraak in Greyton. Ons twee is vir die naweek weg soontoe nadat ek blykbaar elke plan wat hy beraam het om my te vra in die wiele gery het. Ek het geweet die tyd is naby en reel toe sommer self vir ons ‘n naweek weg, min wetend dat ek weereens sy planne opfoeter. Hy het my langs die rivier gevra om te trou, onder die bome met die water wat saggies loop in die agtergrond. Dit was baie romanties en spesiaal.
Hoekom het julle besluit op die trou onthaal?
Ons wou graag ‘n onthaal gehad het wat baie eenvoudig is en ek wou baie graag buite trou. Ons onthaalplek (De Uijlenes) het die mooiste woud en die grootste akkerboom waaronder jy kan trou. Dit was perfek! Die onthaalsaal is ook lekker groot en ruim, dit is baie “rustic” ook, wat presies is waarna ons gesoek het. Verder kon al die gaste (teen baie billike pryse) by die onthaalsaal slaap, so niemand hoef toe na die tyd huistoe te ry nie. Staci en Flippie (ons gashere) was wonderlik. Hulle het so baie gehelp en die kos was fantasties!
Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?
Ons was Kata Beach in Phuket, Thailand toe. Diaan het alles ‘n verrassing gehou! Ek het niks geweet tot ons die aand na ons troue in ons kamer gesit het en ons geskenke en kaartjies begin lees het nie… een van ons gaste het dit perongeluk laat glip… “Geniet Thailand!” (seker nie gedink ons gaan die kaartjies toe al lees nie). Maar ek was nogsteeds baie opgewonde! Wie sou nie wees nie?!
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Taryn Ward Photography
- Grimering: Marize Louw Make Up
- Onthaal: De Uijlenes Forest Venue
- Koek: Elria De Swardt
- Rok: Ever After Bridal
- Stroomeisies Gremering: Tammy Van Rohmberg
- Stroomeisies Rokke: Isabella’s Bridal
- Dominie: John Cominos
- Musiek: Overberg Sound and Lighting