Quintus & Amanda se plaastroue

Die oomblik toe ons Quitus en Amanda se foto’s sien het, het ons geweet ons moet die plaastroue vir julle wys.  Ons is mal oor mooi dinge en pragtige stories wat ons paartjies het om met ons te deel. Amanda se ma het die Bybel vers, wat hulle op hul troudag gebruik het, afgerol en in Amanda se kamerjas gedruk.  Dit is nie al nie!  Amanda se ouma het haar kousband self gehekel asook die kant wat om die welkom drankies gebind is en so ook die kussings op die foto hoek se bankie.

Ons is mal oor persoonlike elemente  op ‘n plaastroue, dit maak die dag net soveel meer spesiaal.  Meeste van Amanda en Quintus se trou goedjies was handgemaak soos die hout boksies vir die blomme.  Hulle het getrou by die pragtige Beloftebos trou onthaal.

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (3)Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (4)Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (5)Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (6)Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (7)Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (8)Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (2)

Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?


Ons het mekaar die 21ste Desember 2010 ontmoet.  Een van my goeie vriendinne het my genooi na ʼn braai by Quintus se huis.  Ek moes laat werk en het eers half 11 by die braai aangesluit.  Ek het dadelik van Quintus gehou.

Ons het begin gesels en Quintus het vinnig gesê dat hy nooit sal trou nie … Die lekker lewe van ʼn oujongkêrel is wat vir hom voorlê.  10 Dae later het ek geweet dat Quintus die man is wat my Hemelse Pappa vir my gestuur het.  Quintus het in Delmas Mpumalanga gewerk en ons het vir maande tussen Johannesburg en Kaapstad gevlieg om mekaar te sien en elke naweek was die “goodbyes” net swaarder en swaarder.

Ons het begin praat oor ringe en 7 maande na ons ontmoeting het Quintus ouers gevra.  Intussen het ek vir Quintus se ma (nou my skoonma) gehelp met haar huurkontrakte en ek wou verseker haar beïndruk.  Vrydag, die 12de Augustus 2011, bel my skoonma my en sy klink baie bekommerd oor haar kontrakte en vra of ek haar 12uur kan kry by Pistachio’s, in Durbanville, sodat ons dit kan bespreek.

Vreeslik op my senuwees, kry ek haar by die restaurant waar sy sommer vir my buite gewag het.  Ek en sy stap in by die restaurant en daar in die hoek staan Quintus met n massiewe bos wit rose (later het hy my vertel hoe hy vir n tannie moes smeek om haar bos op te gee).  Dit was ʼn ongelooflike oomblik toe hy afsak op sy knie en my vra om sy vrou te word.  Hy se tot vandag toe ek het nooit ja gesê nie, net gehuil en gesê “sit die ring aan!”.

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (10) Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (9)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (11)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (12)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (13)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (14)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (15)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (16)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (17)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (18)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (19)

Hoekom het julle besluit op die trou onthaal?


Ek en Quintus het albei ʼn groot liefde vir die natuur, braaivleis vure en lekker musiek.  Toe ons Beloftebos vir die eerste keer besoek het, het ons geweet dat ons op geen ander plek kan trou nie.  Ons het die ja woord gesê onder die mooiste, grootste bome en toe dit donker word was dit vol liggies.  Daar was ʼn groot vuur buite en Gian Groen het vir ons tydens die seremonie en “pre-drinks” die mooiste musiek gemaak.  Andries, Coia, Corneli en Danica van Beloftebos het ons plaastroue vir ons onvergeetlik gemaak en het ons bederf met soveel ekstra details op ons groot dag.  Dit was regtig ons MOOISTE dag!

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (20)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (21)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (22)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (23)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (24)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (25)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (26)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (27)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (28)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (29)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (30)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (31)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (32)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (33)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (34)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (35)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (36)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (37)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (38)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (39)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (40)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (41)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (42)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (43)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (44)

Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?


Ons het ʼn heerlike lang wittebrood gehad.  Ons het die Maandag na ons plaastroue Mauritius toe gevlieg vir 7 dae en op pad terug vir nog 7 dae in Durban gebly.

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (45)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (46)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (47)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (48)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (49)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (50)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (51)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (52)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (53)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (54)

Quintis & Amanda 03.06.2013 Blog Post (55)

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Jani B Photography
  • Grimering en hare: Nandi Fourie
  • Rok: Made with Love
  • Hare bykomstighede: Bella Chiara Bridal Accessories
  • Hangers: The Dessert Rose Project
  • Koek: Pretty D Cakes
  • Musiek: The Art of Sound

[endsection]