Tiaan & Nadia se stylvol verlowing fotosessie

Die verlowing fotosessie van Tiaan en Nadia is beslis propvol inspirasie.  In die fotos onder sien ons dat die paartjie hul verlowing-fotosessie op ‘n plaas gehou het en die hooffokus was ‘n Pers antieke bank waarom hul gewerk het.  Hul kleredrag vir die fotosessie was ook mooi en nie die gewone wit hemp en denim nie; Nadia het beeldskoon gelyk in ‘n wit rok met mooi helder blom patroon en Tiaan het ‘n Pers T-hemp gedra.  Pers is die Pantone kleur van 2018 en hulle het dit baie stylvol gedoen.  Ons by Mooi Troues is opgewonde om te sien wat dié paartjie se troue gaan oplewer.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het mekaar vlugtig in 2015 ontmoet toe Nadia hul Jeffreysbaai toe getrek het.  Ons ouers het intussen goeie vriende geword en ons het mekaar eers weer in 2017 raakgeloop toe Tiaan saam sy pa by Nadia se ouers gekuier het. Nadia het haar vriendin uitgedaag om Tiaan uit te nooi om saam hul te kom kuier en Tiaan se ” Nee, ek is OK dankie…het haar motiveer om hom die volgende dag ‘n boodskap te stuur.

Ons eerste afspraak was dieselfde dag nog en 7 maande later het ons verloof geraak.

Soos die ou mense sê: ”As jy weet dan weet jy…”

Nadia se volwassenheid en hoe baie sy vir ander omgee, het my van die begin af aangetrek.  Nadia is nie iemand wat iets teen die reëls/of haar beginsels sal doen nie en dit was baie oulik vir my.

Tiaan se kalmte en liefdevolle geaardheid het my van die begin af omvou.  Hy het steeds altyd ‘n manier om my rustig te laat voel.

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Nadia se keuse van ring het elke dag verander en ek het op eie gevoel op die ring ontwerp besluit.  Ek het presies geweet wanneer ek wou vra, maar die ring was nie betyds gereed nie.  Die spesifieke Saterdag moes ons, ons ouers vir ontbyt ontmoet.  Ek het vermoed daar is ‘n slang in die gras en toe ons daar aankom roep ons pa’s my eenkant en wys my die ring.

Die eienaar van die restaurant het my gehelp om die ring saam met ‘n bottel sjampanje in die veld te gaan wegsteek en stel toe voor ons moet almal op ‘n “gamedrive” gaan.  Nadia wou eers niks weet nie, maar het toe uiteindelik ingestem.  Ons het toe gestop en bietjie rondgestap toe sy heel onverskillig se ” …kyk liefie hier is champagne…..” en toe sy omdraai het ek die ring (wat in ‘n vetplant versteek was) opgetel en op my knie gegaan.  Sy het dadelik begin huil en ek kon net-net die woorde “Sal jy met my trou….” uitkry.

Wat was die inspirasie vir die verlowing fotosessie?


Die inspirasie agter ons fotosessie was om dit so natuurlik moontlik te hou.  Ons wou ons  persoonlikhede en liefde moeiteloos na vore laat kom.  Ons fotograaf het self op die omgewing besluit  en dit was ‘n pluspunt dat ons ons liefde vir kaktusse hiermee saam kon kombineer.

Vertel ons wat is jul droom trou dag?


Een van ons eerste uitstappies saam was by die Gamtoos Ferry Hotel.  Ons het op die rivier se wal gesit en saam gestem dat as ons eendag trou.  Dit net daar, onder die groot boom, sal wees.  Ons droom word die 2de Maart 2019 waar.

Ons voel ons troue moet ons weerspieël en met ons onthaal gaan die natuur en ons eie kaktus en vetplant versameling (uit ons eie tuin) ,gekombineer met verskeie hout en metale, ‘n prominente rol speel.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: