Theuan & Jackie se mooi troudag

Theuan en Jackie se troudag was vreeslik mooi en ons by Mooi Troues is vreeslik trots dat drie van ons adverteerders deel was van dié spesiale troue.

Hulle is ook vreeslik dankbaar dat hul verwys was na die venue The One Heaven & Earth, ʼn nuwe spoggerige venue in die mooie Hemel en Aarde vallei.

As jy as ʼn Mooi Troues leser wil sien die standaard van ʼn Mooi Troues troue dan is dié trou net vir jou!  Maak dan ook seker jy gaan loer na ons aanlyn-trougids om diensverskaffers vir jou troudag te kry en ons hoop om eendag jul troue ook met ons lesers te kan deel.

Verloor jouself in die foto’s van dié besonderse troue hier onder.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


14 Julie 2018, Jackie 35 en Theuan 37.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het albei vir Altech Netstar gewerk, Theuan in die Kaap en Jackie in Durban.  In 2013 was ons op ‘n verkoop-geleentheid waar al die top verkopers van alle takke bymekaar kom.  Ons het onmiddelik ‘n konneksie gevoel, maar as gevolg van omstandighede (area van woning en werk).  Na afloop van die funksie het ons slegs af en toe gesels en in kontak gebly.  Teen einde 2014 het Jackie besluit om die groot trek Kaap aan te pak.  Begin 2015 het sy by die Kaapstad  tak aangesluit waar Theuan werk.  Ons het mekaar meer en meer begin sien na werk en het gesien dat die vonke steeds in die lig is wanneer ons saam is.  Ons het vinnig besef dat daar iets spesiaal tussen ons is en daar het ons avontuur begin.

Hoe het julle verloof geraak?


Theuan het vir Jackie weggeneem op ‘n romantiese wegbreek naweek.  Waar hy omtrent ‘n paar plannetjies in die mou gehad het.  Hy het gesê : ‘ Jackie pak jou tassie en moenie vrae vra nie.’  Hand aan hand het die tweetjies die romantiese strate van Franschhoek verken.  Na ‘n romantiese ete en genoeg wyn in die sisteem kon Theuan genoeg moed bymekaar skraap om die pragtige Jackie die groot vraag te vra by die oulikste huisie wat Theuan gereël het.  Hy het al die stoppe uitgehaal om dit so romanties as moontlik te maak.  Van kersies tot aarbeie.

Vertel ons meer van jul ringe.


Jackie se ring is n hart vorm wat Theuan gekies het in simbool dat sy hart altyd hare en by haar  is.  Theuan se ring is twee kettings wat nie n begin of n einde het nie en dit is soos Theuan en Jackie wat vir altyd die lewenspad saam loop.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Danielle Olivier het ons daardie dag so gemaklik laat voel.  Sy het die mooiste foto’s gekry onder die moeilikste omstandighede.  Die weer het ons omtrent onkant gevang.  Dit was ‘n groot plesier om met haar te werk.

Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?


Vir Theuan was dit die oomblik wat Jackie by die saal in geloop het, en sy asem weg geslaan het, op daardie oomblik het hy geweet hy is die gelukkigste man in die wêreld.

Vir Jackie was dit toe sy haar man in die altaar sien staan en kyk vir haar – “daai oomblik toe hy net die heeltyd na my staar en glimlag hy het nie vir een sekonde weggekyk nie”.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Alles was  regtig merkwaardig gewees ons sou net n videograaf ook wou hê, en dalk bietjie minder reën, maar met die water te kort in die Kaap kon ons nie help om gelukkig te wees nie.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Moet nie vergeet van die videograaf nie en geniet die beplanning, dit is n lekker manier om mekaar te ondersteun in besluite wat geneem moet word.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Dit is ʼn ander ding, ons beplanning was om dit baie kleiner te doen maar toe ons eers begin rond kyk het na die beste plek om dit te doen en die beste plek om ons te help het ons besef met die hulp van Mario Boffa by Eventworx kan ons n droom troue hê.

Hoe het julle die venue gekies?


Mario Boffa van Eventworx het ons verwys na hierdie beeldskone venue tussen die berge.  Oorspronklik wou ons op die strand trou – maar met die Kaap se winde was dit nie vir ons beskore nie.  Jackie het vinnig verlief geraak op die venue se glas deure en asemrowende ligging.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Wanneer dit by die tafel dekor kom is die mans se opinie mos maar selde.  Met die regte ondersteuning van Eventworx en hul span asook die opregte liefde vir Roosgoud het ek sommer vinnig verlief geraak op ons eerste voorbeeld sessie.

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Ons wittebrood was in Zanzibar, dit was ongelooflik!  Die mense en plek het dit vir ons wonderlik gemaak.  Met skemerkelkies op die strand en kos om van dood te gaan het al mooi in plek geval en dan om dit nog saam met iemand fantasties soos my man te kon doen was net uitstekend, die res van die wittebrood moet julle maar self besluit wat gebeur.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers