Feestelike Fiesta gestileerde fotosessie

As jy hou van helder kleure, maar nog nie seker is hoe om hierdie neiging by jou troue te inkorporeer nie, is hierdie gestileerde fotosessie presies wat jy nodig het vir inspirasie!  Lees onder die wenke wat hierdie diensverskaffers aan jou kan gee en ook om die pragtige foto’s te sien.  Onder sal jy foto inspirasie kry vir skryfbehoeftes, tafeldekor, blomme asook grimering en trourok idees.

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Kom ons vier ʼn bruilof as ʼn behoorlike vreugdefees!  Vir dié fotosessie wou ons wegbeweeg van die tradisionele trou-kleure en formele-styl, na ʼn troue met prettige, helder kleure en ʼn feestelik atmosfeer – lente en liefde is immers in die lug.  Vir bruide wat bietjie buite die boks wil dink en ʼn kleurryke troue wil hê, is die fiësta-tema beslis iets om te oorweeg.

Hoogtepunte tydens die fotosessie


Dit was besonder spesiaal om by Le Avenir in Stellenbosch te skiet na hul nuwe bekendstelling.  Die venue is oop en helder vir daardie vars gevoel wat by die fotosessie gepas het.

Advies aan paartjies wat hul troue beplan


Wees waaghalsig as dit by kleure kom!  Gebruik kleur as dekor element in plaas van die populêre dekor items soos vase, potte ens. en vier die vrolikheid van die troudag.  Onthou ook om pret te hê tydens die beplanning van julle groot dag.

Diensverskaffers: