Carol en Marko se troue in die wynland het plaasgevind by die pragtige Landtscap, net buite Stellenbosch. Dié van julle wat van te vore ons inskrywings gelees het sal weet dat Landtscap ‘n baie gesogte onthaal area is en julle sal kan sien waarom as julle na dié inskrywing se foto’s kyk. Baie mense glo dat dit goeie geluk vir die paartjie beteken as dit op hul troudag reën. Duidelik het die reën nie in die pad van dié twee verliefdes gestaan nie, hulle het eerder die geleentheid aangegryp deur foto’s te neem onder sambrele. Marko glo dat ‘n groot deel van jou rykdom lê in die mense waarmee jy jouself omring, soos familie en vriende. Dus was die viering van hulle liefde vir hom uiters spesiaal, omdat almal wat vir hulle belangrik is teenwoordig was.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: JaniB
- Blomme, Dekor en op die dag koördinering: Bride Sidekick
- Spyseniering: Two Chefs
- Venue: Landtscap
- Grimering en hare: Sanmarie Botha
- Rok: Made with Love
- Skryfbehoeftes: Matt/Gloss