Ralph & Odelya se asemrowende troue

Ongeveer 4000 Rose, Orgideë en Krismisrose het ons my Mooi Troues laat verlief raak op die dekor van Ralph en Odelya se droom troue.  Roos Goud en Blomme net waar jy kyk was die styl van die troue.  Ons is so trots op Susan du Toit wat elke element wand die besonderse mooi dag vas gevang het op kiekies vir verewige herinneringe.  Die skryfbehoeftes van die troue was deur MMES Designs ontwerp en die tema en styl van die troue is kreatief oorgedra.  Ons my Mooi Troues weet sommer ons lesers sal baie van die troue hou.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Dit was liefde met die eerste oogopslag.  Ons het mekaar net 3 dae geken toe gaan ons al op ons eerste afspraak.  Alles het goed uitgedraai – ons was vier en ‘n half jaar saam voor ons getrou het!

In die begin was dit net fisiese eienskappe wat ons na mekaar aangetrek het.  Ek was dadelik in verwondering toe ek sy sjokolade bruin oe gesien het.  Hy se weer dit was my lengte en blonde hare wat hom aangetrek het.  Later toe ons mekaar beter leer ken het, het ons besef dat beide dieselfde waardes en morele deel.  Ralph is ‘n baie rustige en realistiese mens.  Hy sal weer se my beste eienskappe is my vriendelikheid en liefdevolle geaardheid.

Ons het van die begin af goed bymekaar gepas omdat ons mekaar so goed aanvul.

Vertel ons meer oor die inspirasie vir die styl van jul troue?


Roos Goud en Blomme!  Ek is mal oor die nuwe kleur en al wat ek op my tafels wou gehad het, was blomme.  Daar was omtrent net 4000 rose gewees!  Ons het blomme soos Orgideë en Krismisrose ook gehad.

Ek en my ma het die blomme self gedoen.  Ons het ‘n klein Venue en Dekor besigheid – Dinlya.  Van die dorp se tannies het kom help,  elkeen in ons klein boere gemeenskap het ‘n bydrae gelewer.  Dit het ons 3 volle dae gevat om al die ruikers te maak!  Ons het die blomme aangery in ‘n koelwa en ‘n perdewa (vir 4 perde).

Lace on Timber was my keuse omdat dit lig en oop is.  Ek wou ‘n baie ligte en wit troue gehad het.

Was julle met wittebrood?


Ja,  ons was Thailand toe en dit was beslis ‘n droom wittebrood gewees!  Ons was meer na die Noorde toe – Koh Samui.  Dit is ‘n pragtige eiland met wit strande en seeblou waters.  Ons het met ‘n motorboot na die omliggende eilande toe gereis waar ons gesnorkel en geswem het.  Ons het ook ‘n 4×4 rit gedoen waar ons die hele eiland gesien het. Thailand het definitief die lekkerste tradisionele kos!  Ons het elkeen ‘n bietjie gewig opgetel!  Verder het ons net klappers gedrink, na markte toe gegaan en die Thai kultuur geniet.

Advies aan paartjies wat besig is om hul trou te beplan?


Doen wat vir julle reg en mooi is – dit is julle dag!

Wat was die begroting vir jul troue?


Ons het ‘n redelike groot troue gehad.  Die begroting was oorspronklik R150 000, maar op die ou einde het dit ons R195 000 uitgewerk.  Ons was bederf met ons droom troue!

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: