Dwayne & Nethaniëlle se verlowing fotosessie by Kimberley se Groot Gat

Suid-Afrika spog met baie eerstes en/of enigstes, soos die grootste mens gemaakte gat genaamd Kimberley se Groot Gat.  Nie net het Suid-Afrika die grootste mens gemaakte gat en eerste hart oorplanting gedoen nie maar bars met plaaslike kreatiewe talent.

Dwayne & Nethaniëlle se verlowing fotosessie was deur so kreatiewe talent Wiaan Coffee afgeneem in die “Ou dorp” by Kimberley se Groot Gat.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ek en Dwayne het op Universiteit ontmoet deur vriende.  Ons het omtrent vir 2/3 jaar van mekaar geweet, maar nooit ontmoet nie.  Eers in Dwayne se finale jaar het ons regtig vriende geraak.  Met die eerste naweek wat ons saam gekuier het, het beide van ons besef ons is in moeilikheid.  Beide van ons het dadelik verlief geraak.

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Die 4de November het Dwayne die hele sitkamer vol kerse en helium ballonne met al ons gunsteling fotos op gemaak.  Toe ek deur die deur loop staan hy in ‘n pak en wag vir my.  Ek het dadelik in trane uitgebars en kan helfte van sy toespraak nie eers onthou nie.  Nie te min, ek het ja gesê.

Vertel ons meer van die inspirasie vir die fotosessie?


Ons het hard gesoek na ‘n fotograaf wat die wese van die mens se persoonlikhede vasvang.  Ons inspirasie vir die verlowings fotosessie was maar eintlik net om dit wat ons vir mekaar voel en wie ons as ‘n paartjie is in ‘n foto vas te vang.  Ons het besluit op Kimberley Big Hole omdat ons tans in Kimberley bly en wat is meer verteenwoordigend van Kimberley as die Groot Gat.

Diensverskaffers