Andre & Jean-Marie se selfdoen troue

Doen-dit-self troues is vreeslik gewild onder die Mooi Troues lesers en dus deel ons graag die troue van Andre en Jean-Marie met julle vandag.

Andre en JeanMarie_0001 Andre en JeanMarie_0002 Andre en JeanMarie_0003 Andre en JeanMarie_0004 Andre en JeanMarie_0005 Andre en JeanMarie_0006 Andre en JeanMarie_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het mekaar die eerste keer in Centurion Mall gesien 5 jaar terug.   Hy het my gevra wat ek studeer en toe ek weer sien het hy in elke klas langs my gesit.  Ons het beste vriende geraak. Na twee jaar se vriendskap het ons liefdes verhaal begin…..


Andre en JeanMarie_0008 Andre en JeanMarie_0009 Andre en JeanMarie_0010


Hoe het julle verloof geraak?

Ek het hare gaan doen die Vrydag,  en toe ek weer hoor is my tas gepak en ons gaan vir ‘n naweek bietjie weg.  Andre het bly sê die druk is baie met die besigheid en hy moet bietjie wegbreek.  Hy het my die aand na ‘n baie lekker restaurant geneem en toe gesê ons moet ‘n roomys op die strand gaan eet.  Dit het toe begin reën, maar nog steeds het Andre aangedring ons moet ‘n roomys gaan eet.  Dit het harder begin reën,  en ons was toe eerder huis toe.  Met Sterri Stumpies wat ons gunsteling is as sjampanje het hy toe op sy knie gesak.  Ek was dadelik in trane en kon nie eers behoorlik die ja woord uit kry nie.  Oomblik van ‘n leeftyd!!!!


Andre en JeanMarie_0011 Andre en JeanMarie_0012 Andre en JeanMarie_0013 Andre en JeanMarie_0014 Andre en JeanMarie_0015 Andre en JeanMarie_0016 Andre en JeanMarie_0017


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Amper 3 jaar.


Andre en JeanMarie_0018 Andre en JeanMarie_0019


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Van die troudag self: Geniet elke oomblik van die dag saam.  Dit gaan so vinnig verby.  Eet lekker, dans lekker en kuier saam al die spesiale mense in julle lewens.  Vergeet van alles wat dalk kan skeef loop, niemand gaan dit eers weet nie.

Verhouding: Kommunikasie en tyd is die grootste geskenk wat jy iemand kan gee.  Moet nooit ophou met die klein dinge in julle verhouding nie, dit is tog wat julle uniek maak.  Bid saam en hê die driehoek in julle verhouding van julle as individu en God.  Met God aan julle kant kan niks skeef loop nie.


Andre en JeanMarie_0020 Andre en JeanMarie_0021 Andre en JeanMarie_0022 Andre en JeanMarie_0023 Andre en JeanMarie_0024 Andre en JeanMarie_0025 Andre en JeanMarie_0026 Andre en JeanMarie_0027 Andre en JeanMarie_0028 Andre en JeanMarie_0029 Andre en JeanMarie_0030 Andre en JeanMarie_0031 Andre en JeanMarie_0032 Andre en JeanMarie_0033 Andre en JeanMarie_0034 Andre en JeanMarie_0035 Andre en JeanMarie_0036 Andre en JeanMarie_0037 Andre en JeanMarie_0038 Andre en JeanMarie_0039 Andre en JeanMarie_0040 Andre en JeanMarie_0041 Andre en JeanMarie_0042 Andre en JeanMarie_0043

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: