Charl & Comine se mooi troue

Wedding photography

Charl en Comine se liefdesverhaal het perongeluk begin, maar Comine se moeder het haar oorreed dit was ‘n teken..en nou deel ons met jul die pragtige paartjie se troue met julle wat deur Kitty en André van Vizion Photo geneem is.  Ons is absoluut dol oor Kitty en André van Vizion Photo se fotografie styl. Hul word hoogs deur Mooi Troues aanbeveel en ons beveel jul ook om sommer dadelik met Vizion Photo kontak te maak.


Wedding photography


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons was is in Graad 10 saam in Langenhoven Gimnasium Oudtshoorn. Die snaakse storie is dat ons nie eens mekaar rerig geken het of raak gesien het nie. Sy was ‘n meisie van Carnarvon en ek die meeste van my lewe van Oudtshoorn.  Desember 2011 het ek vir Charl perongeluk genooi na ‘n kamp op FaceBook, en wou hom “uninvited” en sê dit was perongeluk, maar my ma het gesê dis dalk ‘n teken van God. Ons het begin gesels, nommers veruil.  Op Charl se 25ste verjaarsdag het hy my op ‘n geleentheid gevat. . . en dit was die begin van alles!


Wedding photography

Wedding photography

Wedding photography
Wedding photography

Hoe het julle verloof geraak? 

Op ons derde maand saam as paartjie het ek gedink dit is die perfekste tyd om die groot woorde te sê “Ek is lief vir jou” en het ‘n romantiese piekniek by Solms Delta gereël om Charl te verras, van daar was dit ons spesiale plekkie.  Op 16 Februarie 2014 het Charl weer by Solms Delta gereël vir ‘n piek-niek  op ons spesiale plek. Ek was nog besig die kombersie mooi oop te gooi, draai om en daar is Charl op sy regter knie langs die rivier — ek kan nou nog nie daai gevoel beskryf nie, my antwoord was JA…


Wedding photography

Wedding photography

Wedding photography


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het? 

Twee jaar en 2 maande – as jy weet dit is die regte een weet jy dit net.


Wedding photography
Wedding photography
Wedding photography
Wedding photography

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Geniet elke oomblik, moenie dat enige iemand jou van keuse laat verander nie. As jy iets op ‘n spesifieke manier wil hê – doen dit so. Doen lekker navorsing daar is so baie web blaaie. Moenie dat klein goetjies uit verband trek nie, stress kan soms hoog loop en as iets nie presies uitwerk nie, kompromie. Haal asem en onthou dit gaan oor jul belofte aan mekaar, net mekaar en God!



Diensverskaffers: