Gratis aflaaibaar & veeldoelige naam kaartjies

Baie van ons lesers is opsoek na gratis aflaaibaar en veeldoelige sitplek-naamkaartjies vir hulle spesiale dag.  Ons deel ‘n gratis aflaaibaar en drukbare sitplek naam kaartjie met jou.  Alhoewel dit sitplek-naamkaartjies is, het dit ook ander ‘n ander doel soos om te tel as ‘n drupmatjie vir jou glase as jy nie ‘n tafeldoek het nie of as ‘n naam kaartjie vir jou strooimeisies se blomme.  Dit is maklik om ‘n gatjie in te maak en ‘n toutjie deur te sit en dit aan ‘n ryker te hang, sodat elke een van jou strooimeisies weet wie se blomme is dit.  Jy kan hierdie oulike kaartjies gratis aflaai vanaf Mooi Troues.  Voltooi die onderste vorm en ons stuur jou ‘n e-pos met instruksies om die skryfbehoefte af te laai.  Al wat jy moet doen is, om die PDF te laat druk op ‘n A4 karton papier en dit uitsny op die dun goue lyntjie.  Daarna kan jy met ‘n Veltpuntpen die gas se naam in die wit blok skryf.  So het dit ook ‘n persoonlike gevoel en die gas kan sien jy het moeite gedoen om met die hand te skryf.

LAAI AF:

NAAM:

E-POS ADRES:

Artikel Krediet:

  • Ontwerp:  Mooi Troues
  • Teks:  Mooi Troues