Oulike Gratis Drukbare Confetti Sakkies

Konfetti is ‘n groot deel van ‘n troue want dit simboliseer dat jou geliefdes jul toe gooi met hul seëninge.  Jy kry soveel verskillende tiepe confetti deesdae, van uitgedroogde blomme tot sade.  Silk & Twine het die oulikste Confetti sakkies ontwerp wat jy gratis kan aflaai vanaf Mooi Troues.  Hierdie sakkies is maklik om by die huis te maak en ook ‘n bekostigbare en baie mooi elegante opsie vir jou troudag.  Al wat jy nodig het is oulike sakkies, A4 karton papier waarop jy die gratis ontwerp kan laat druk en jou Confetti.

Jy druk die ontwerp op jou papier by ‘n professionele drukker of op jou drukker by die huis, dan knip jy dit uit so groot as wat jou sakkie se breedte is.  Vou dit dan in twee en plak dit met gom aan die sakke vas. Ons beveel aan jy gebruik altyd eko-vriendelike confetti wat nie die omgewing om jou sal skade doen of vuil maak nie.

laaiafsilk-twine-on-mooi-troues_0001silk-twine-on-mooi-troues_0002laaiafsilk-twine-on-mooi-troues_0003

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuwe tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry. Dan volg die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels wat die eerste dinge is waarna gaste soek wanneer hulle die venue binnekom. Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet. Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, Jewel Craft Bloemfontein om ons Trougids te besoek.

silk-twine-on-mooi-troues_0004

Artikel Krediet:

Skryfbehoeftes: Silk & Twine