Vrolike Winter gestileerde fotosessie

Vandag se gestileerde foto sessie bewys aan ons dat Winter nie altyd vaal, koud en nat is nie.  Die pragtige vrolike foto sessie is deur die lieflike Maria Margeurite en haar span bymekaar gesit.  Lees onder meer oor die fotosessie.  Geniet dit.

Wedding Inspiration_0001Wedding Inspiration_0002 Wedding Inspiration_0003 Wedding Inspiration_0004


Vertel ons leser meer van die inspirasie vir die foto sessie

Dis ‘n familie vriend se vrugte plaas in die Magaliesberge wat al vir meer as 5 jaar aan Woolworths hul perskes, kersies en blou bessies verskaf, van die 1ste keer wat ek my twee voete in die stof gevind het, was ek verlief, elke seisoen op die plaas is uniek in sy eie manier, byvoorbeeld, Winter op die plaas in die Magaliesberge is ver van vaal, dis pragtig versier in klein fyn skakerings van pienk bloeiseltjies.. Ek het net besluit daar en dan, ek kan nie, nie gestileerde fotosessie hier doen nie, en so het die end produk begin … ‘n Yskoue winters dag tussen die perske boorde se bloeisels in die Magaliesberge het ek en my span vir julle ‘n droom sessie geskep, skakering van pienk, met silwer, en sagte sagte rose, proteas en ‘sweetpies” (en net om ietsie ekstra spesiaal te noem, voordat hulle vrugte begin produseer en verskaf het was dit n protea plaas van die vroeë 1960’s se jare).


Wedding Inspiration_0005 Wedding Inspiration_0006 Wedding Inspiration_0007 Wedding Inspiration_0008 Wedding Inspiration_0009 Wedding Inspiration_0010 Wedding Inspiration_0011 Wedding Inspiration_0012 Wedding Inspiration_0013 Wedding Inspiration_0014 Wedding Inspiration_0015 Wedding Inspiration_0016 Wedding Inspiration_0017

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Maria Marguerite Fotografie
  • Stileerder, Konsep en Skryfbehoeftes: Avenue88
  • Blomme en Dekor: Maxine Deanne
  • Model se bostuk: Forever New
  • Romp: Little Love Bird Couture
  • Model: Chantel
  • Ring: Browns
  • Skoene: Mr Price
  • Plek: Perske Boord (Privaat Plaas in die Magaliesberg)