Kevin & Cathrin se verlowing fotosessie

Vir party paartjies is dit nie noodwendig liefde op die eerste oog op slag nie en bou hul eerste ‘n goeie vriendskap op. Daar is tog niks lekkerder om met jou beste vriend of vriendin te trou nie, en hopelik kan paartjies wat soos Kevin en Cathrin eendag met hul kleinkinders deel hoe hul saam kattekwaad as jong mense aangejaag het..

‘n Goeie huwelik het baie van “Die goeie ou dae.”

Kevin & Cathrin se verlowing_0002 Kevin & Cathrin se verlowing_0003 Kevin & Cathrin se verlowing_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons was in dieselfde klas op hoërskool en alhoewel ons nie dieselfde vriendekring gehad het nie, het ons gereeld mekaar se huiswerk afgeskryf, saam klasse gebank en altyd met mekaar gedans by ’n skool sokkie. Ons het nooit op skool uitgegaan nie, maar het kontak behou tydens ons studies. Nadat Kevin afstudeer het, het hy besluit om vir my te gaan opsoek in Potchefstroom en soos die gesêgde lui… “die res is geskiedenis.”


Kevin & Cathrin se verlowing_0005 Kevin & Cathrin se verlowing_0006 Kevin & Cathrin se verlowing_0007 Kevin & Cathrin se verlowing_0008 Kevin & Cathrin se verlowing_0009 Kevin & Cathrin se verlowing_0010 Kevin & Cathrin se verlowing_0011 Kevin & Cathrin se verlowing_0012


Hoe het julle verloof geraak?

Ons is albei lief vir die natuur en buitelewe en het Kevin besluit om die groot vraag te vra in die Golden Gate Park. Hy het ’n rugsak gepak met alles wat nodig is vir ’n lekker piekniek en het saam die staproete tot bo op Brandwag aangepak. Die 22ste Februarie 2015 was ’n perfekte sonskyn dag en die uitsig asemrowend. Na ons piekniek  gehou het, het Kevin op sy knieg vir my se hand gevra en natuurlik was daar geen ander antwoord as “ja”.


Kevin & Cathrin se verlowing_0013 Kevin & Cathrin se verlowing_0014


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons trou op 29 Augustus 2015 in die Oos- Vrystaat, by Lavender Hill Country Estate.


Kevin & Cathrin se verlowing_0015 Kevin & Cathrin se verlowing_0016

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: