Dawie & Maristha se troue met baie blomme

Dié inskrywing wat ons nou met Mooi Troues se lesers deel is van Dawie en Maristha se troue met baie blomme.  Wat dit alles nog meer besonders maak is dat Dawie en Maristha van die wenners is in Mooi Troues se Troue van die Jaar kompetisie.  Die prys wat hul gewen het is 2x nagte by die luukse Lanzerac Wynlandgoed in Stellenbosch terwaarde van ʼn R38,000.00.

Ons hier by Mooi Troues is absoluut mal oor die “blom ontploffing” van die paartjie se troudekor.  Alhoewel daar baie blomme was, het dit nie die spasie op die tafels oorweldig nie en kom Dawie en Maristha se trougaste ook nog gemaklik kuier.  Die blomme is ‘n “Pinterest bord” of hul eie wat julle in die foto’s hieronder sal sien.

Hulle vertel ook dat die KOVID-19 grendeltydperk wel gelol het met die aantal gaste wat hul kon onthaal.   Daar was 350 gaste op hul oorspronklike gastelys en hul moes van die gaste sê om nie meer te kom nie, later toe weer om te kom …  Hul advies hieroor is om die grendel tydperk tot jul voordeel te gebruik en sleg 50 gaste te nooi.  Ons by Mooi Troues deel baie kleiner troues, so volg asseblief dié skakel om na ons Intieme Troues kategorie te gaan kyk.

Ons verstaan die frustrasie en simpatiseer met paartjies wat nou gedurende die pandemie besig is om hul troue te beplan.  Om die hele proses vir jul gemakliker te maak, besoek asseblief Mooi Troues se aanlyn trougids vir talentvolle en betroubare troudiensverskaffers.

Rol af en geniet Dawie en Maristha se troue met baie blomme hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


Desember 2020 is ek oppad na ʼn vriend van my se troue in Swellendam, 2 dae voor die trou bel my vriend om te se ek kan ʼn metgesel saambring, hemel weet waar ek ʼn metgesel 2 dae voor die troue moet kry stel hy voor ek gaan op Tinder as ek in Swellendam land en die 1ste ou vir wie ek regs “swipe” en wat “match” met my moet ek troue toe vra.  Heel skugter laai ek Tinder af en kyk heel eerste of daar nie iemand bekend op is nie, want tog so bang iemand sien ek is op Tinder.  My eerste regs “swipe” is vir Dawie, en ons “match”, hy vra my nommer om te WhatsApp.  Ek vee onmiddelik weer Tinder af a.g.v. van my vrees netnou sien iemand omdat ek van ʼn klein dorpie af kom.

Ons het mekaar daardie Maandag ontmoet en van daar was ons nog nooit weer uitmekaar nie, Dawie het sy bakkie op gery na my in Clanwilliam uit Worcester maar ʼn dag sou ons nie uitmekaar wees nie.

4 Maande later kon hy dit nie meer hou nie, en kniel een volmaan aand op sy knie met roos blare en kerse oral en vra my om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 4 maande saam, toe raak ons verloof en 7 maande verloof en 20 November 2020 getrou.  Ons het ʼn trou beplanner gehad – Veil Events

Trou Begroting:


Trou begroting was R 500 000.  Ons kon nie daarby hou nie, omdat ons op ʼn plaas getrou het en 300 gaste gehad het, het ons op 1 Miljoen Rand gaan draai.

Advies aan ander trou paartjies:

Wees op dit en betrokke, moenie net alles goedkeur nie.  In ons geval is ek en my man werk gedrewe so het letterlik vir alles mooi ja gese omdat ons nie tyd gehad het om baie betrokke te wees met die reëlings nie en geëindig op ʼn mooi rekening maar dit was die moeite werd.

Gebruik die grendeltydperk tot jou voordeel en nooi 50 gaste, so kan jy in jou begroting bly.  Ons moes dit gedoen het maar te laat besef.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die mooi, alles was onmenslik mooi.  Van my as bruid se kant af was my man so bitter mooi en ons dekor was fenomenaal!  Sien die foto’s.

Paartjie se styl:


Ek het foto gesien in ‘n boek van ‘n bitter mooi rok en my rok so laat maak by DIDI.

Troupak het Willem Zedman vir Dawie gemaak om by sy blou oë te pas.

Trouring was ons eie ontwerp van iets wat ek van kleins af gehou het met ʼn pienk diamant.

Die Besluitnemingsproses:


Meestal seker maar ek, die bruid.  My man het net ingestem.  Familie was nie betrokke nie, wou my droom troue hê.  Hulle idees bietjie verskil met myne.

Spesiale Tradisies:


Nee, nie eintlik nie, maar die feit dat ek op die plaas getrou en foto’s geneem het tussen boorde en op lande is baie sentimenteel.

Venue & Dekor:


Die Venue was vanselfsprekend, ek kom van ʼn plaas af en wou altyd op die plaas trou, want dit is die plek naaste aan my hart.  So ons het in die skuur getrou.

Dekor, ek het nog altyd van klomp kleure gehou en bietjie Pinterest.  OKASIE het oorgeneem en ons heeltemal uit die veld geslaan met hulle dekor “skills”.  Baie mooier as enige Pinterest of prentjie wat ek al gesien het.

Gunsteling Diensverskaffers:


Absoluut OKASIE by verre.  Hulle het die blomme en dekor gedoen.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Jahhh en hoe, my trourok se zip het gebreek.  Ek het tot einde gewag om my rok aan te trek juis omdat dit perfek was en als voor die tyd geoefen het.  Dit het my dag baie gedemp, was heeltyd bewus daarvan.  My diensmeisie het dit toe met die hand toegewerk.

Dit was chaos omdat ons ver van alle winkels is.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


My advies vir enige meisie wat nog droom om te trou: wag geduldig en bid vir die man wat die Here vir jou wil hê.

Advies van my Dawie af: Moenie op jong ouderdom trou omdat jy dink die vrou, is nou maar die vrou vir jou en omdat al jou pelle troue nie.  Hierdie is Dawie se 2de huwelik met my.  Sy vorige huwelik het misluk omdat hy baie baie jonk was toe hy getrou het.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja redelik.  Ons het 350 gaste genooi en ewe skielik toe word inperking geïmplementeer, moes al my gaste laat weet, ʼn maand later verslap die reël en moes ek weer al my gaste laat weet hulle kan weer kom.

Vermaak:


John Niel het vir vermaak voor die tyd musiek gemaak en gesing.

DJ Wico was ons platejoggie, hy maak ongelooflik musiek.

Eerste Dans:


Ons het dansvloer geopen op Ed Sheeran se “Hearts don’t break around here”.  Dit is ʼn liedjie wat Dawie van begin af altyd vir my gespeel het as hy op die pad is.

Wittebrood:


A.g,v. van KOVID-19 kon ons nie die land verlaat nie, ons sou Zanzibar toe.  Maar ons het toe deur Namibië getoer tot bo teen die Caprivi.  Dit was hemels.  Namibië is juis ʼn toerisme land.  Ek was al in ander lande maar Namibië se geriewe en bestemmings is ongelooflik mooi en lekker.  Ek en Dawie het natuurlik mekaar baie beter leer ken op die pad, heeltyd gesels en gesing.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: