Stephen & Sheree se plaas verlowing fotosessie

Stephen en Sheree is gaande oor die natuurskoon in die omgewing waar hulle woon.  Dus het hulle besluit op ‘n plaas verlowing fotosessie op ‘n buurplaas naby na aan hul tuiste.  Tydens hul regte verlowing op 10 Junie 2019, het Stephen het vir Sheree verras met ‘n heerlike piekniek en ‘n feesviering saam vriende.  Dié fotosessie was dus uiters gepas en so reg in die kraal vir dié twee plaas-liefhebbers.  Gemaklik geklee in velskoene, het Sheree en Stephen ‘n sonnige dag op ‘n pragtige plaas geniet, terwyl hul fotograaf die spesiale tyd in hul lewens vasvang.  Hulle het werklik elke spesiale hoekie en draadjie van die plaas benut om ‘n verskeidenheid foto’s te kry.  Na die gesellige piekniek, het hulle prettige foto’s saam die skape op die plaas geneem, en daarna afgesluit met ‘n romantiese sessie op ‘n oulike bootjie by die dam.

Sheree en Stephen het beslis ‘n plaas verlowing fotosessie na die volgende vlak geneem.  Rol af om meer oor hul spesiale liefdesverhaal uit te vind.

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Ons is aan mekaar voorgestel deur ‘n gemeenskaplike vriendin in September 2016.  Daarna het ons begin gesels en mekaar beter leer ken.  Stephen en sy familie boer in die Hogsback/Cathcart distrik en ek is oorspronklik van Port Elizabeth, sowat drie ure daarvandaan.

Stephen het ongeveer ‘n maand later vir besigheid deurgekom Port Elizabeth toe, waar ons toe vir die eerste keer offisieel by my ouerhuis ontmoet het.  Vir ons eerste afspraak was ons by ‘n vis restaurant by die strand in PE.  Daarna het ons bietjie langs die see gaan stap.  Die volgende dag het hy my laat weet dat hy my nie kan sien nie, omdat dat hy voedselvergiftiging iewers opgetel het.  Ek het aangebied om vir hom medisyne te bring, maar hy het geweier.  Ek gedink dit is sommer net ‘n storie en dat hy my eintlik nie weer wou sien nie!

Wie kry nou regtig voedselvergiftiging op ‘n eerste afspraak?

Dit was toe alles n ware verhaal!  Sy slegte geluk het ons gelukkig nie vir lank uit mekaar gehou nie.  Ons het mekaar weer die volgende dag gesien voor hy huiswaarts gekeer het.

‘n Maand later het ek op die plaas gaan kuier en die res is geskiedenis!

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Die Groot Vraag


Ons was byna 3 jaar in ‘n verhouding, waartydens ons gereeld oor die verlowing gepraat het.  Ek het aansoek gedoen vir my Aptekers Gemeenskapsdiens pos en die pos by Cathcart Hospitaal gekry, waarna ek plaas toe verhuis het in Januarie 2019.

Vir my verjaardag, 10 Junie,  het ek verlof ingedut.  Die plan was om ‘n romantiese piekniek in die berg te geniet – ek het selfs my eie verjaardagkoek gebak!  Toe Stephen by die huis vir middagete inloer, het hy my laat weet dat hy twee van ons bure-vriende saam genooi het.  Ek het nie te veel gesê nie, maar daar verander ons romantiese piekniek toe in ‘n piekniek-partytjie!

Ons was net betyds vir sonsondergang, piekniek mandjie uitgepak, toe hy op sy knie afgaan en my vra om sy vrou te word.  Min het ek geweet die bure-vriende genooi was om foto’s te kom neem van die geleentheid!  Toe ek weer kyk, was daar ongeveer 20 boere en hul familielede wat oor die bult gestap kom om ons verlowing te vier – dit was ‘n groot verrassing vir my!

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Hoekom ons mekaar lief het


Sheree:  Stephen is ‘n reus met ‘n sagte hart, aansteeklike lag en sin vir humor.  Hy is baie liefdevol, gee om vir mense en het ‘n vooruitsig in die lewe.

Stephen:  Sheree is vriendelik, ‘n ware omgee-mens en het ‘n skerp sin vir humor.  Sy is ook baie geduldig en familie georiënteerd.

Ons maak ‘n goeie paartjie deur mekaar te vertrou en te respekteer – ons bring die beste uit mekaar uit.

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Tydperk van verlowing


Ons het ons verlowing op 10 Junie 2019 gevier;  Dit gee ons 8 maande om ons troue te beplan, wat op 7 Maart 2020 by Blomfontein Venue in Cradock plaasvind.

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Rede vir die verlowing fotosessie


Behalwe die feit dat die verlowing fotosessie deel vorm van ons pakket vir trou-fotografie, wou ons regtig ‘n fotosessie doen net om hierdie spesiale tyd in ons lewens te beklemtoon.

Ons het ook ‘n paar foto’s op ons troue-webwerf gebruik en ‘n portret daarmee laat maak.  Dit was ook ons eerste fotosessie saam en goeie oefening vir die groot dag!

 

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons wou graag die skoonheid van ons omgewing beklemtoon waar ons bevoorreg is om ons tuiste noem!  Die plase was op daardie stadium in geweldige droogte geteister, maar selfs deur daardie tyd, het die ware natuurskoon deurgekom, soos op die foto’s gesien kan word.

Ons het ons fotosessie op ‘n buurplaas met die naam Dunskye gedoen, aangesien ons graag wou gebruik maak van hul pragtige uitleg en omgewing.

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Klik hier vir meer diensverskaffers