Hennie & Tanique se verlowing

Foto’s wat in die buitelug geneem word kom altyd meer natuurlik voor. Ongeag van die feit dat die individue in die foto met die natuur omring is, kom die lig meer natuurlik voor en skep dus ‘n heeltemal ander gevoel as foto’s wat in ‘n ateljee geneem word met behulp van beligting.

‘n Verlowing is ‘n baie spesiale geleentheid, dit is dus belangrik dat paartjies moeite maak met dié fotosessies en die beste geskikte plek kies waar die foto’s geneem moet word. Albei individue moet gemaklik wees met die omgewing.

Tanique en Hennie het die pragtigste fotosessie gehad, met die mooiste Suid – Afrikaanse natuurskoon wat in die agtergrond pronk.

Baie dankie aan Alicia Photography vir die foto’s en geniet die vrae en antwoorde van dié paartjie tussen die foto’s.

hennie en tanique_0001 hennie en tanique_0002 hennie en tanique_0003 hennie en tanique_0004 hennie en tanique_0005 hennie en tanique_0006

Hoe het hy jou gevra?


Wow! Dit was so ‘n verrassing, ek het geen idee gehad nie. Hennie het my weg gevat vir die naweek Houtbaai toe en ons het Noordhoek toe gegaan om perd te ry langs die strand. Ongelukkig was dit te winderig om te ry en hy het so ontsteld geraak! Oppad terug van Houtbaai af het ons gestop by Chapman’s Peak om foto’s te neem van die pragtige sonsondergang toe hy afgaan op een knie en my vra om met hom te trou. Definitief die gelukkigste dag van my lewe!

hennie en tanique_0007 hennie en tanique_0008 hennie en tanique_0009

Beskryf jul droom troue:


Ons droom troue sal beslis op ‘n wildsplaas wees omdat ons altwee baie lief is vir die buitelewe. Eenvoudig, elegant, pragtig en omring deur vriende sal perfek wees!

hennie en tanique_0010 hennie en tanique_0011 hennie en tanique_0012 hennie en tanique_0013 hennie en tanique_0014 hennie en tanique_0015 hennie en tanique_0016

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Alicia Photography