Wees beelskoon op jou troudag

Dit is vanselfsprekend dat elke bruid op haar beste wil lyk vir haar spesiale dag. Cecilia van The Exquisite Look het vir ons  ‘n paar riglyne bymekaar gesit wat jy kan volg om te voorsien dat jy op jou mooiste lyk met jou trou dag.

hennie en tanique_0028

hennie en tanique_0027 

9-12 maande voor jy trou:


  • Besluit op ‘n begroting vir jou hare, grimering en skoonheidsbehandeling. Onthou om alle behandelinge bv.  naels, gesigs behandelinge, ens in te sluit.
  • Maak vir jou ‘n skoonheidsleer of boekie met voorbeelde wat kan dien as  inspirasie vir jou hare en grimering.
  • Begin soek na jou gunsteling stileerder vir jou hare en grimering. Maak seker om ‘n paar kwotasies te kry om jou meer opsies te bied.
  • Wanneer jy jou keuse gemaak het, vind uit of hulle bereid is om uit te kom na jou aantrek plek en maak seker dat die reis kostes ingesluit is in jou kwotasie.
  • Bespreek die datum vir jou hare en grimering by jou stileerder.
  • As jy dink om ‘n nuwe haarstyl of kleur te kry vir jou troudag, nou is die tyd om dit uit te toets.
  • Gaan sien jou tandarts om alle nodighede uit te sorteer.

hennie en tanique_0026hennie en tanique_0022

6-9 maande voor jy trou:

  • Kies voorbeelde vir jou hare en grimering.
  • Skeduleer jou oefen sessie vir jou hare en grimering met jou stileerder vir ‘n dag nader aan jou trou dag.
  • As jy daaraan dink om jou eie grimering te doen, eksperimenteer solank met verskillende opsies kleure en gaan vra vir die beste produkte vir jou trou dag.

hennie en tanique_0018

4-6 maande voor jy trou:

  • Skeduleer alle skoonheid afsprake bv. naels en voete (1-2 dae), gesigs behandeling (2 weke), massering (3-4 dae), haar sny (8 weke), haarkleur (2weke)
  • Besoek jou dermatoloog indien daar enige klein nodighede is wat jy wil laat regstel voor jou troue.
  • Maak ‘n afspraak by ‘n skoonheid terapeut i.v.m met jou wenkbroue se vorm en of dit moet groei of gekleur moet word.

hennie en tanique_0021

1 maand voor jy trou:

  • Sny jou punte/hare – ‘n sny is ‘n móét, dit laat ‘n styl beter lyk veral as jy jou hare gaan los dra.
  • Sit haarbehandeling in jou hare om ekstra gesondheid aan jou hare te bied.
  • Bederf jou vel met ‘n lekker masker sodat dit genoeg vog terug sit in die vel. (veral in die winter)

hennie en tanique_0020

2 weke voor jy trou:

  • Kleur jou hare indien jou hare gekleur is. – Dit gee die kleur genoeg tyd om mooi saam te smelt en ‘n natuurlike voorkoms te skep.
  • Maak seker jy ontvang ‘n tyd skedule vir die hare en grimeering van jou stileerder vir die dag van die troue. Maak seker dat almal wat betrokke is die skedule ontvang.
  • Stuur die verwysings aan vir jou stileerder en maak seker hy of sy weet waar jy en die strooimeisies gaan aantrek.
  • Betaal alle uitstaande skoonheidsbehandelinge sodat jy nie jou later hoef te bekommer oor betalings nie.

hennie en tanique_0023

1 week voor jy trou:

  • Bevestig al jou afsprake.
  • Gaan vir al jou waks behandelinge.
  • Maak seker jy vra een van jou strooimeisies om in beheer te wees van al jou haarstukke en juwele sodat jy nie jouself daaroor bekommer nie.
  • Pak solank ‘n sak met als wat jy sal nodig hê.

hennie en tanique_0024

1-2 dae voor jy trou:

  • Gaan vir jou naels en tone en maak hulle mooi.
  • Was jou hare die aand voor die troudag, dit sal die styl beter laat hou as skoon hare.

hennie en tanique_0019

TROU DAG:

  • Vat ‘n ontspannend bad so 2-3 ure voordat hulle met jou hare en grimering begin.
  • Maak seker jy wend genoeg vogroom aan jou lyf  en dat jou tande geborsel is voor hulle met jou grimering begin.
  • Onthou om ‘n lekker parfuum aan te spuit net voor julle vertrek.

hennie en tanique_0025