Gavin & Gishla se Intieme Buite Troue

Gavin en Gishla se intieme buite troue was ʼn pragtige informele troudag wat hul geniet het met ʼn intieme groep familie en vriende.  Skakerings van emerald groen, wit en tikseltjies goud kan regdeur die paartjie se troue gesien word.

Gishla se trourok gee ʼn dromerige gevoel en is versier met die mooiste kant en fyn detail orals op die trourok.  Die trourok gee ʼn meermin styl gevoel na onder en die rug gedeelte van die trourok is so mooi.  Gavin se trou uitrusting het ook ʼn meer informele gevoel gehad, maar nogsteeds baie stylvol met die strikdas.  Die kombinasie van sand kleurige chino broek en die donker groen formele baadjie is ʼn wenner.

Gishla en Gavin het by ʼn pragtige trou venue getrou in Kempton Park in Gauteng, maar die tuine by die trou venue het mens laat voel of hul iewers in die Kaapse wynlande getrou het.

Hulle onthaal was buite onder ʼn afdak wat bedek is met rankplante en ligte wat skitter tussen deur die hout balke en rankplante.  Dit gee ʼn baie romantiese atmosfeer aan die trou tafel.  Daar was ook net een lang tafel bedek met ʼn groen tafelloper in die middel.  Wit blom ontwerpe en kerse skep ʼn romantiese voorkoms.  Die rottang plekmatjies met die groen servet en goue tikseltjies van die onder bord werk baie goed saam en gee die tafel ʼn warm en romantiese atmosfeer.

As julle besig is om ʼn troue te beplan, besoek gerus Mooi Troues se oulike aanlyn trougids.  Hier sal julle fantastiese trou diensverskaffers vind vir julle troudag, maak nie saak waar julle in Suid-Afrika trou nie.

Rol af om meer te sien van Gavin en Gishla se intieme buite troue en om te lees oor hulle liefdesreis as paartjie.

 

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Gavin het ʼn paar jaar terug ontmoet by die werk.  Ons het aan die begin nie baie met mekaar gepraat nie.  Hy het my begin gesels uit die bloute oor die pynappel bier.  Ons het ʼn vriendskap aangeknoop in September 2020.

Hy het my amptelik gevra Maart 2021 om sy meisie te wees.  Ons het verloof geraak April 2022 by Avianto tydens ʼn sprokies piekniek wat hy gereël het.

Trourok:


Trourok is gekoop by Bride & Co. – Ontwerper: Viola Chan Bridal – AVA

Vroulik en romanties, hierdie dromerige trourok is versier met sequin blomme kant.  Hierdie trourok is met gaas gevoer wat ʼn ondersteunende, figuur vleiende pasvorm verseker en is afgewerk met ʼn kant af gewerkte trein.

Verloof- en Trouringe:


My verloofring is ʼn Roosgoud marquise gesnyde diamant van Nevin Sher – “The Diamond Guy”.  Die enigste keuse wat ek gehad het was die diamant snit en kleur van die metaal.  Verder het Gavin die ring ontwerp en ek is elke dag nog verlief of my ring.  My trou pant is ʼn roosgoud vintage styl pant van Daniella’s Fine Jewellery Manufacturers.

Gavin se ring is ʼn swart tungsten ook van Daniella’s Fine Jewellery Manufacturers.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


  • Die oomblik toe ek by die trougang afloop en hom sien, my asem was weg geslaan.
  • Ons eerste dans onder die sterre as man en vrou.
  • Al ons familie en vriende wat die dag saam met ons spandeer het.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons was absoluut gelukkig dat ons trou venue die meeste aan ons verskaf het.  Sera en Precilla van ons venue was absoluut ongelooflik!  Ons moet net die troukoek en blomme bring.  Verder is alles verskaf deur die venue.

Die blomme was verskaf deur ʼn familie lid en ons kon nie vir ʼn beter uitkoms nie, dit was net soos wat ek dit wou hê, blomme was oorheersend op die tafel.

Ons platejoggie was ʼn aanbeveling deur die venue en definitief een van ons beste keuses.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


My raad is, soek ʼn venue wat jou meer bied.  Met ons venue wat die meeste van die eetgerei, tafels, stoele ens. voorsien, was die meeste van ons stres nie daar nie.  Hulle het ons gehelp met ons uitleg die oggend van ons troue.

Trou Venue:


Ons wou ʼn klein en intieme troue gehad het onder liggies.  Toe ons die venue gaan besoek het, was ons dadelik verlief.  Dit het gevoel asof ons in die Kaap trou – Kaaps-Hollandse styl venue geleë in Glen Marais Kempton Park.

Trou Dekor en Styl:


Ons styl was simplisties – Wit, emerald groen en bietjie goud.  Ons wou ʼn informele uitleg hê, een lang tafel waar almal saam kan kuier.

Die dekor was lang wit blomme ruikers op die tafels, met wit kerse, bruin plekmatjies, groen servette,  glase en goue sjampanje glase onder ʼn afdak met fairylights.

Eerste Dans:


Another You – Danny Worsnop

Trou Begroting en Beplanning:


Gavin en Gishla het sewe maande aan hul intieme troue beplan en 31 gaste onthaal.  Die totale koste was R80 000 – ongeveer R2 500 per persoon.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: