Reinhardt & Lizanne se pragtige verlowing fotosessie

Ons deel met julle die pragtige verlowing fotosessie van Reinhardt en Lizanne gevul met liefde en “sparklers”.

Lizanne vertel dat hul fotograaf van die fotosessie aanbevelings gemaak het van die plek en kleur kleredrag wat hul moes aantrek.  Dit is bitter belangrik dat paartjies ‘n goeie verstandhouding het met hul fotograaf ontwikkel.  Is julle opsoek na ‘n fotograaf vir jul verlowing fotosessie of selfs troue?  Gaan besoek Mooi Troues se aanlyn trougids om in kontak te kom met van Suid-Afrika se betroubare troudiensverskaffers, klik eenvoudig hier.

Rol af en geniet Reinhardt en Lizanne se pragtige verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was in Julie 2017.  Reinhardt het saam met my niggie se kêrel gewerk op ʼn jagplaas buite Kimberley.  Ek het nog in Bloemfontein gebly en gewerk.  Hulle het toe besluit om ons aan mekaar voor te stel by ʼn familie braai.  Ons het begin gesels daarna, maar met Reinhardt wat besig was met jagseisoen was die gesels maar min en het ons kontak verloor.  Op my 21ste in September het hy weer sy verskyning gemaak.  Al wat ons nodig gehad het was ʼn visvang uitstappie en die res is geskiedenis.  Ons was net so oor die 3jaar in ʼn verhouding toe ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Reinhardt het my gevra om te trou by Marakele Nasionale Park buite Thabazimbi op 31 Desember 2020, met die mooiste uitsig, bo op ʼn berg by ʼn uitkyk punt.  Ons het by ʼn niggie en haar gesin gekuier in Thabazimbi en hulle het besluit om ons na die park toe te vat toe Reinhardt hulle in kennis gestel het dat hy my wil vra om te trou.  Ons het fotos geneem op die berg met die uitsig in die agtergrond, toe ek hom vra hoekom hy so bewe.  Dis toe wat hy sê dat hy my nou gaan vra om te trou. Hy het op sy knieë gegaan en die groot vraag gevra.  Ons het al ʼn paar maande daaroor gepraat om verloof te raak, maar die verlowing self was ʼn verassing.  Zelmaré en haar man, Hennie het elke oomblik van die verlowing perfek vas gevang.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Reinhardt:

Sy is altyd daar as ek haar nodig het, sy is een van die min mense waarmee ek kan praat as iets my pla.  Sy is baie selfstandig en dit het my dadelik verlief gemaak op haar.

Lizanne:

Hy is my beste vriend, hy aanvaar my soos ek is, hy’t my lief met al my foute.  Saam kan ons laf wees en vir mekaar lag, ons is ‘content’ met mekaar, al het ons net mekaar, maak niks anders saak nie.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons sou graag Maart 2021 wou trou, maar met KOVID-19 wat tans sulke streng maatreëls het, beplan ons om 4 September 2021 te trou.

Die verloofring:


Ons het saam besluit op ringe waarvan ons hou vanaf ʼn webtuiste en toe gaan pas watter ringe die mooiste lyk.  Reinhardt het egter agterna die ring gaan koop sonder dat ek daarvan weet.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek het een middag die advertensie van Reflective Photography op Instagram gesien wat sy adverteer dat sy ʼn gratis verlowingsessie beskikbaar het vir ʼn paartjie wat oor die vakansie verloof geraak het.  Ek het Elani gekontak en gevra of die sessie nog beskikbaar is.  Ons was die gelukkige wenners!

Elani is ongelooflik talentvol en ek het al voorheen van haar werk gesien.  Sy het ʼn ‘anderste’ styl en dit was ʼn voorreg om voor haar lens te kon verskyn.  Ons sal definitief die fotos gebruik in die huis, vir ons trou uitnodigings en sommer net om te spog met die pragtige fotos!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek het voorheen fotos van paartjies gesien waar die paartjie in ‘fairy lights’ toegedraai is.  Die effek was asemrowend en Elani het met die idee van die ‘sparklers’ voor en dag gekom.  Die feit dat ons nie in die publiek mag verskyn sonder maskers nie, het ons na ʼn veld toe gedwing.  Elani het voor gestel dat ek ʼn warm kleur rok aan trek en dit het perfek saam met die sonsondergang in die veld gewerk.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons is baie opgewonde oor die beplanning vir die groot dag, dit gaan so gou verby.  Ons sien uit daarna om die spesiale dag saam met ons naaste familie en vriende te spandeer.

Die grootste vrees vir ons is dat KOVID-19 ons trou planne in die wiel ry, dat ons die trou datum moet aanskuif of dat ons net met sekere aantal gaste mag trou.

Visie vir droomtroue:


Ons beplan ʼn lekker kuier, stoor-plaastroue met ʼn sjampanje en vuil pienk kleurskema.  Verder sal die saal versier wees met ‘fairy lights’, hout en glasies met kerse in.  Ons beplan ʼn smul lekker skaap en springbok spit met tradisionele boere bykosse soos karamel pampoen poffers.  Ons wil dans tot die son op kom en die dag saam met ons mense geniet.

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ons sal graag voor die wintermaande wou trou, maar beplan vir September 2021 met die hoop dat KOVID-19 meer onder beheer sal wees teen dan.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: