Velyn, goudfoelie op donkerblou uitnodiging

Vandag deel Mooi Troues in die inspirasie wat hierdie skryfbehoeftes bied aan alle lesers.  Hierdie uitnodigings is eenvoudige skrif en ontwerp wat alle aandag laat aan die goue skrif.  Die goue drukwerk is gedoen op ‘n velyn bladsy wat paartjies die opsie gee om kleure aan te pas van die agterkant om by hul troue te pas.  Natuurlik kan jy as paartjie ook die goue drukwerk direk op die kleur bladsy doen indien jy nie ‘n wasige voorkoms wil kry deur die gebruik van velyn nie.  Die donkerblou kleur lyk stylvol soos altyd en is ‘n goeie alternatief vir swart wat altyd as ‘n treffer kleur beskou is.  Kontak gerus vir  Something Gold designs as hierdie lyk soos die tipe uitnodiging wat jy graag op jou troudag wil hê.

Artikel Krediet: