Blou delf geïnspireerde trou inspirasie

Mooi Troues wys vandag vir ons volgers ‘n Blou delf geïnspireerde trou inspirasie deur Izette Carinus by Leipzig Country House & Conference Centre.  Vars kleure soos groen en blou is ideaal vir ‘n somer dag-troue wat buite plaasvind.

‘n Informele gevoel word beklemtoon deur gebruik te maak van eetgerei wat verskil en dus nie eenvormigheid toon nie, alhoewel die idee van heimwee geskep word met die teenwoordigheid van die delf patrone.  Die gebruik van Wimbledon stoele in ‘n aardse kleur, anders as die gewone wit stoele, sorg dat die fokus op die tafel se versierings gevestig is en nie die dekorasie oordonder nie.

Artikel Leipzig Blou_0001Artikel Leipzig Blou_0002Artikel Leipzig Blou_0003

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: