Dina-Mare & Calvin se saam kook verlowing

Dina-Mare vind haar “knight” in Calvin toe sy hom een aand vir ete nooi.  Alhoewel sy die pasta verbrand vind hul daardie aand uit dat hulle ‘n liefde deel in kos en ‘n belangstelling in die romantiese Middeleeue.  Laat een aand terwyl hulle in sagte reën op ‘n koppie die stads  liggies bewonder vra Calvin sy prinses om vir ewig syne te word.

Die fotograaf DGR fotografie is daar om hulle verlowings fotos mooi vas te vang in ‘n kombuis waar die paartjie net oë vir mekaar het.

Dina-Marie en Calvin_0002Dina-Marie en Calvin_0003


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het eerste kontak gemaak op ‘n “online dating” website, Calvin het vir my ‘n boodskap gestuur en ek was dadelik vasgevang. Sy boodskap was heeltemal anders as al die ander boodskappe. Ek het dadelik besef dat ons soveel dinge in gemeen het soos ons liefde vir kos en die middeleeue. Ons het die 4de Januarie 2014 begin praat en teen die 9de Januarie het ek hom na my woonstel genooi vir ete (ek het die pasta verbrand), ons het daardie aand tot 2 uur die oggend gesit en gesels en dit is steeds die beste aand ooit gewees!


Dina-Marie en Calvin_0004 Dina-Marie en Calvin_0005 Dina-Marie en Calvin_0006 Dina-Marie en Calvin_0007 Dina-Marie en Calvin_0008


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het beide ‘n bekoring vir die middeleeuse tydperk en gaan elke jaar na die Neigh-Bours Magical Medieval Fayre.  Dit vat ‘n mens terug na die tydperk waar vrouens pragtige rokke gedra het en mans “armour” gedra het met ‘n swaard aan hulle sy. Calvin was die heel dag so angstig en het gesukkel om die regte oomblik te kies.  Uiteindelik het hy laat die aand op ‘n koppie, met ligte reën en ‘n uitsig oor die stad die ja word gevra.  Ek het soos ‘n prinses op daardie oomblik gevoel wat haar “knight in shining armour” gekry het.


Dina-Marie en Calvin_0009 Dina-Marie en Calvin_0010 Dina-Marie en Calvin_0011 Dina-Marie en Calvin_0012 Dina-Marie en Calvin_0013 Dina-Marie en Calvin_0014


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons gaan ‘n Middeleeuse tema troue hê die 17de Junie 2016 by Riverside Castle in Pretoria.


Dina-Marie en Calvin_0015 Dina-Marie en Calvin_0016 Dina-Marie en Calvin_0017 Dina-Marie en Calvin_0018 Dina-Marie en Calvin_0019 Dina-Marie en Calvin_0020 Dina-Marie en Calvin_0021 Dina-Marie en Calvin_0022 Dina-Marie en Calvin_0023 Dina-Marie en Calvin_0024 Dina-Marie en Calvin_0025 Dina-Marie en Calvin_0026 Dina-Marie en Calvin_0027 Dina-Marie en Calvin_0028 Dina-Marie en Calvin_0029 Dina-Marie en Calvin_0030 Dina-Marie en Calvin_0031 Dina-Marie en Calvin_0032 Dina-Marie en Calvin_0033 Dina-Marie en Calvin_0034 Dina-Marie en Calvin_0035

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: DGR photography