Paul & Anke se Vliegveld verlowing fotosessie

‘n Pret verlowing fotosessie op ‘n vlieg-baan met ‘n vriendelike en verliefde paartjie, is presies hoe ons Paul en Anke se verlowing fotosessie sal beskryf.  Hulle het in November 2009 ontmoet en het in Julie 2015 verloof geraak by Fynbos strand in hulle oulike kothuis voor die kaggel op ‘n koue aand.  Ons deel ook binnekort die paartjie se mooi troue het jou. Baie dankie aan die fotograaf vir die pragtige foto’s wat jy van die paartjie vasgevang het.


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek het Paul die eerste keer ontmoet op 29 November  2009. Ek was uit saam met ‘n paar vriendinne die aand, en so het ek in Paul vasgeloop. Daar was onmiddellik n konneksie tussen ons. Van daar het dit na koffie afsprake in George ontwikkel, na ontmoetings in Stellenbosch en stappies op die strand in Groot Brak. Met die Argus in 2013,na n skelm McDonald’s koffie het ons geweet ons is bedoel vir mekaar.



Hoe het julle verloof geraak?

Die oggend van die 22ste Julie 2015, het Paul ‘n sak gepak vir n aand se oorslaap in Fynbos strand. Met dit alles kon ek sien iets was nie lekker nie, want hy was die heeldag deurmekaar. Ons het aangekom by die huisie op ‘n koue middag. Hy het onmiddellik die kaggel aangesteek en vir ons albei ‘n glas wyn in gegooi. Die aand was daar gebraai, en na die lekker kossies het hy ‘n bed voor die vuur gemaak met kerse op die tafels. Hy het my gevat en reg voor hom neer gesit en my vertel hoeveel ek vir hom beteken en so het hy die groot vraag gevra.


Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: