Jason & Wilma se tydlose verlowings fotosessie

Van Hermann Hesse het gesê dat geluk is liefde, niks anders nie. Wie kan liefhê is gelukkig!  In dié artikel van Mooi Troues deel ons liefde in oorvloed van die pragtige paartjie, Jason en Wilma, met hul tydlose verlowings fotosessie.

Wilma het maar nog altyd in die verte vir Jason, die lang, blou-oog man gestaar.  Dié paartjie se liefde vir mekaar kan mens voel deur dié tydlose verlowings fotosessie. Jason het die hele verlowings fotosessie bymekaar gesit en gereël sonder dat Wilma eintlik weet wat sou gebeur.  Op die Kaapschehoop in Mpumalanga was al die pragtige fotos geneem, en tydens die een deel van die tydlose verlowings fotosessie, het Jason op een knieg gekniel en die groot vraag gevra.  Wat so spesiaal maak is, dié presiese bestemming is waar Jason ook vir Wilma gevra om te keis.

Jason en Wilma spog in hul bypassende denimbaadjies met die Kaapschehoop uitsig wat hul hele verlowings fotosessie net bymekaar bring.  Hul liefde word weerspieël deur die pragtige tydlose fotos wat geneem is.  Ons by Mooi Troues glo dat dié tydlose verlowings fotosessie met al ons lesers se hartsnare speel.

Rol nou af en geniet Jason en Wilma se tydlose verlowings fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


My ouers is altwee onderwysers en heel toevallig was Jason ʼn student toe hy nog gestudeer het in dieselfde fase as my pa.  Hulle twee het bevriend geraak, my pa het hom eendag genooi om ʼn Springbok rugbywedstryd te kom kyk by ons huis, ons twee het ontmoet … “and the rest is history..”.  Eintlik het ek maar altyd vanaf ʼn afstand na die lang, blou-oog man gestaar.
Ons het om en by 2 jaar gekuier en uitgegaan voordat ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Die verlowing was beslis ʼn verassing. Jason het my na Kaapschehoop, Mpumalanga toe geneem een oggend.  Hy het my ook daar gevra om sy meisie te wees.  Hy het my toe die oggend ingelig dat hy een van my gunsteling fotograwe vir die dag gereël het vir ʼn “couples shoot” en ek was beslis opgewonde!  Alles was heel natuurlik, so spesiaal en ek het niks verwag nie, ek bedoel, wie raak nou verloof op ʼn Donderdag, wanneer al die familie en vriende werk?

Ons het die mooiste foto’s geneem en toe ek een oomblik omdraai, toe staan hy op sy knieg.  Ek was uit die veld geslaan en so dankbaar dat dit op kamera vasgevang is.  Hy het toe ʼn mandjie met sjampanje en piekniek goetertjies reg gehad en ons het net die oomblik geniet.  Die familie en vriende was toe “in cahoots” en was reg met ʼn heerlike ete en saam kuier die aand.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Jason van Wilma:

“Wilma se uiterlike en innerlike skoonheid kan nie onderskei word nie, sy is so mooi van binne soos sy is van buite. Nie net is dy die mooiste vrou op aarde nie, maar sy het die gawe om altyd die mooi in ander raak te sien en om net haar beste vir ander te gee.”

Wilma van Jason:

“Nie net is hy ʼn man uit ʼn storieboek wat maniere aanbetref – die deur vir my oop maak en my op die hande dra nie, maar Jason het die mooiste, kleinste hart en sal uit sy pad gaan om iets vir iemand te doen of te beteken. Hy stel ander altyd voor homself.”

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het reeds ʼn troudatum en gaan dus 10 maande verloof wees voordat ons trou.  Eeep!!

Die verloofring:


Ek dink ek het vir Jason mal gemaak met idees, maar oor twee dinge was ek altyd seker.  Ek wou mog altyd graag ʼn goue, “solitaire setting” gehad het maar ek wou steeds hê dit moet uniek wees. Goue was nog altyd vir my so tydloos.  Dus het hy die pandjie saam met die hoof steen gesit.  As troupand sal daar nog ʼn ander pandjie aan die anderkant bykom.  Ek is totaal verlief op my ring.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Jason wou graag die oomblik op kamera vasvang, en ek is so bly hy het.  Sunel het ʼn ongelooflike werk gedoen om al die emosie vas te vang.  Ons gaan dié foto’s gebruik vir die huis en vir ons uitnodigings ook.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die foto’s is in Kaapsehoop geneem, op dieselfde uitkykpunt waar Jason my gevra het om sy meisie te wees aan die begin van ons verhouding.  Dus was dit vir hom kosbaar om dit op dieselfde plek te doen.  Dit was vir my net so spesiaal.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons het saam besluit dat die troureëlings kan stresvol wees maar dat ons liewer hierdie tyd in ons reis gaan geniet en elke oomblik saam gaan aanpak en inneem.  Dit is tog veronderstel om ʼn wonderlike tyd te wees en een van die lekkerste dele van die troue moet uitmaak.

Visie vir droomtroue:


Ons wou nog altyd in een van die herfs of wintermaande trou en het toe besluit op April.  Die kleurskema is ook lekker herfskleure en ons wil graag hê dat die troue ʼn warm, knus gevoel sal hê.  Ons gastelys is intiem en ons sien uit om die sag saam met ons geliefdes te spandeer.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: