Gratis Mnr. & Mev. vlaggies vir jou koek

Selmarie Slot deel vandag die mooiste gratis drukbare Mnr & Mev vlaggies vir jou troukoek. Die vlaggies sal enige troukoek mooi laat lyk, maak nie saak hoe eenvoudig jou troukoek is nie. Dit is maklik om self te druk en mooi te maak sonder enige moeite. Lees onder die instruksies deur en klik op die ‘klik hier om af te laai’ knoppies om jou gratis vlaggies af te laai.

Free Printable Wedding Stationery_0001

a

<>

Instrukies:

 Deel 1:

  1. Druk dit op ‘n A4 papier, of dun karton papier.
  2. Sny die vlaggies mooi op die randjies uit.
  3. Vou die vlaggie op die stippel lyn.

Deel 2:

Om glinsterstof op te sit het ons alkantkleefband gebruik wat jy by enige kunswinkel of PNA kan koop. Plak jou stukkie reghoekige alkantkleefband onder op die vlaggie. Sny die band af waar dit uitsteek. Trek die wit papiertjie bo-op die alkantkleefband af en sprinkel met glinsterstof van jou keuse. Of as jy nie kans sien vir alkantkleefband nie, smeer pritt en sprinkel glinsterstof oor.


Free Printable Wedding Stationery_0002


Deel 3:

  1. Kry jou toutjie. Ons toutjie was so 45cm lank, en dan was daar nog ’n kort stukkie tou wat aan die kant afhang.
  2. Smeer jou vlaggie binne met gom, sit toutjie binne en vou om.

Deel 4:

Kry jou twee stokkies. Ons het sosatie stokkies gebruik. Jy kan die stokkies verf dat dit pas by jou kleurskema of net so eenvoudig los. Heg dan toutjie aan stokkie en voilà, die mooiste vlaggies vir jou trou koek.


Free Printable Wedding Stationery_0003

Krediet: