Sally & Myles se Kaapse Winter-troue

Daar is nie baie mense wat so braaf is om ʼn troudatum te kies in die middel van Kaapstad se onvoorspelbare winter maande nie.  Sally en Myles het egter nie geskrik vir die moontlikheid van ʼn bietjie onweer nie!  Hulle het ʼn Kaapse winter-troue gekies en 100% in hul besluit volhard.  Om by die atmosfeer van die seisoen te pas, het Sally en Myles ʼn kleur-palet met herfskleure gekies, wat bestaan het uit gebrande oranje, bruin, vlootblou en ‘n tikkie Boergondië.  Dié paartjie het ook nie die eenvoudige uitweg gekies met hul algehele dekor nie.  Digte blommerangskikkings op die tafels is afgewissel met honderde kerse om ʼn gesellige winter atmosfeer te skep.  Theresa van Creation Events, het elke element van hierdie pragtige dekor foutloos bymekaar gebring en vir Sally en Myles ʼn winter droom-dag gegee!

Rol af om na Sally en Myles se interessante dekor en pragtige Kaapse winter-troue te kyk.

winter wedding winter wedding winter wedding

Paartjie se Liefdesreis


Ons het mekaar by ‘n gemeenskaplike vriend se 30ste verjaardagpartytjie in Clifton ontmoet.  Ons albei het die kelners voorgekeer soos hulle met die vinger-happies uit die kombuis kom!

Myles het vroegoggend na ʼn draf-sessie met ons hondjies my gevra om te trou.  Ons het afgespreek om die langnaweek in September weg te gaan – net die 4 van ons (ek, Milo en die twee kleintjies – Trin en Jeff.)  Terwyl ek besig was om reg te maak vir die trip, het hy my verras en gesê dat ons vlug eintlik Kaapstad toe vertrek om saam ons familie en vriende te gaan feesvier.  ‘n manikuur en pedikuur is ook vir my gereël voor ons vlug Kaapstad toe.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Die Verlowing Tydperk


Ons was vir 8  maande verloof voor ons troudag.  Ons het op ‘n winter troue in Kaapstad besluit.  Theresa van Creation Events, het ons gehelp met die trou beplanning en koördinering.

winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding

Merkwaardigste Oomblikke


Myles:  Behalwe dat ek met my beste vriendin en liefde van my lewe getrou het, was dit om almal waarvoor ek lief is op een plek te hê om die dag saam ons te geniet. Dit is letterlik die beste dag van  jou lewe!

Sally:  Die merkwaardigste deel van die dag was om Milo aan die einde van die paadjie te sien, terwyl hy vir my wag.

Ek was só op my senuwees oor al die aandag en dat al die fokus op ons gaan wees.  Al die senuwees het egter verdwyn toe ek besef dat ek hierdie saam my beste vriend doen en dat ek nie alleen is nie.  Dit was die oomblik toe ek besef het dat van nou af, het ek ‘n lewenslange spanmaat.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Dit is moeilik om kalm te bly en die beplanning tydperk te geniet – ons sal  jok as ons sê dat dit nie stresvol was nie!  Maar, probeer onthou dat dit ʼn ongelooflike proses is en lekker moet wees.  Om iemand te hê wat saam jou beplan en saam jou die las dra, is ook baie nuttig.  Moenie bang wees om vriende en familie vir hulp te vra nie.  Hulle sal meer doen as wat jy dink omdat, hulle vir jou omgee.  ʼn Trou-beplanner, Theresa in ons geval, is briljant met die uitvoering van troues.  Theresa was ongelooflik in die beplanning én koördinering van ons groot dag.

winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Paartjie se styl


Bruid se rok:  Omdat dit ‘n winter-troue in Kaapstad was, het ons ‘n koue, reënerige dag verwag.  My rok het dus lang moue gehad en was gemaak deur Robin Roberts.

Bruidegom se pak:  Ek het ‘n navy blou pak met ‘n bruin das gedra.  Ek het formeel aangetrek, terwyl my strooijonkers se styl meer gemaklik was.

Ons kleur-palet het bestaan uit herfskleure (gebrande oranje, bruin, navy en ‘n tikkie Boergondië.)

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding

Venue & Dekor


Ons wou regtig ʼn relatief klein, intieme troue hê wat voorsiening maak vir ʼn reënerige dag.

Die meerderheid venues het ten minste een komponent in die buitelug gehad, tesame met ʼn plan B as dit reën.  Ons het Rockhaven in Elgin Valley gekies, omdat die seremonie binnenshuis was.  Ons is in hul skuur langs die water getroud.  Die onthaal was in ʼn pragtige skuurstyl lokaal.  Ons het selfs daarin geslaag om hul ou trekker-motorhuis skoon te maak vir drankies voor die onthaal, wat baie goed gewerk het!

Dit is duidelik dat ons ʼn perfek sonnige troudag gehad het, maar dit was regtig die ongelooflikste venue.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding

Vermaak


Vir drankies voor die onthaal, het ons ‘n reggae groep, Rivertones gehad.  By die onthaal self was daar ook ‘n groep wat bekende liedjies opgetree het, met ‘n platejoggie tussenin.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding

Gunsteling Diensverskaffers


Salt & Pepper Catering was ons gunsteling diensverskaffer.  Hulle kos was uitstekend!

winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Finansiële Aspekte


Ons het ‘n begroting van ongeveer R400 000 gehad en ons het daarin geslaag om min of meer binne die begroting te bly.  Ons het net so oor die 100 gaste by ons troue gehad.

Advies aan toekomstige paartjies:

  • Kry ‘n paar kwotasies om te vergelyk, maar moenie daaroor obsesseer nie.
  • As jy ‘n verwysing kry vanaf ‘n venue of trou-beplanner wat ‘n goeie reputasie het, volg daardie verwysing.  Moenie probeer om dit op jou eie manier te doen nie.
  • Begroot vir 15% meer as jou aanvanklike begroting.  Daar is altyd ekstra dinge wat jy gaan nodig hê.
  • Probeer om die proses te geniet.  Dit kan stresvol raak, maar hou ingedagte dat jou gaste daar is om julle as ‘n paartjie te vier.  Hulle is almal aan jou kant!  Jy hoef niemand te probeer beïndruk nie.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Eerste Dans


Ons eerste dans was op Jack Johnson se ‘Do You Remember.’  Ons het nie vir dans klasse gegaan nie – dit is die enigste ding waaroor ek spyt is.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Wittebrood


Onmiddellik na die troue, is ons vir vier nagte na Thornybush vir ‘n klein wittebrood.  Vier dae se niks-doen en terugdink aan ons spesiale dag, was nét wat ons nodig gehad het.

Drie maande later is ons na Seychelles vir ʼn wittebrood van twee weke.  Ons het een week op Mahe-eiland, in ʼn villa met selfsorg, deurgebring.  Daar ons ʼn motor gehuur en die eiland verken.  Die tweede week het ons op Desroches Eiland, in die Four Seasons, deurgebring.  Ons het so min as moontlik gedoen en net mekaar se geselskap geniet.

winter wedding winter wedding

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers