Pierré & Nadien se troue by ‘n wildreservaat

Ons by Mooi Troues is opgewonde om met ons lesers die Vrystaat troue van Pierré en Nadien met julle te kan deel.  Sodoende kan ons met ons lesers ook die fotografie werk van André Ferreira Photography deel.  Pierré en Nadien het net lof vir die fotograaf en videograaf se werk.  Ons by Mooi Troues hoop die paartjie se getuie sal dat daar van Mooi Troues se lesers gebruik maak van Andre Ferreira Photography se dienste.

Hulle vertel ook dat hul eerstens hul hart op ‘n venue in Brandfort, Vrystaat gehad het.  As gevolg van die gewilde aanvraag was die venue vol bespreek en met ‘n geluk het hul droom venue beskikbaar gekom.  Dit het gelei dat hulle die troudatum moes uitstel en hulle het nie eens twee keer gehuiwer nie.

Geniet Pierré en Nadien se troufoto’s hier onder.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 15 Desember 2018 getrou.  Pierré was 26 en Nadien 23.

wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Dit was n gewone Saterdag-aand studente braai saam ‘n paar vriende wat n lewens veranderende geleentheid geword het.  Daar was nie daardie aand meer as blote oogkontak nie, maar Pierré het nie gras onder sy voete laat groei nie.  Hy het sommer die eerste aand al laat waai met ‘n opvolg afspraak.  Paar dae later het hy haar plaas toe genooi en op pad terug sommer langs die pad gestop, ‘n veld blommetjie gaan pluk en vir haar gesê dat hy nie n sekonde langer kan wag om haar syne te maak nie.  Op daardie selfde plek het hy Nadien ook gevra om te trou wat die woord perfek totaal oortref het.

wedding sites v wedding sites wedding sites wedding sites

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Na baie bruidsboeke en honderde idees met deeglike navorsing oor verskaffers van bruidsrokke het Nadien besluit op ‘n afspraak by Olivelli (nou Bridal Imporium) in Bloemfontein.  Na twee pas sessies en omtrent dertig rokke later, het Nadien haar droom trourok gevind wat haar behoorlik soos ‘n prinses laat lyk en voel het op haar groot dag.  Jy kan die mooiste idee hê, maar die geheim is dat ‘n rok met die bruid trou.  Dit moet mekaar komplimenteer.

wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites

Vertel ons meer van jul ringe.


Die ringe was Pierré se afdeling.  Hy het Nadien se ring self ontwerp.  Die ring simboliseer twee wat een word.  Twee gevlegte paaie wat bymekaar kom.  Dit het een groot diamant en twee-en-veertig kleiner diamante.  Die groot diamant is geset in die vorm van ‘n kroon wat simbolies is van ‘n koningin.  Volgens Pierré is Nadien se ring ‘n simbool van hulle paaie wat gekruis het en nou een word in Christus.

Pierré se ring was maklik.  Hy het baie spesifiek geweet waarna hy soek en dit onmiddellik gekoop met die eerste pas.

wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites wedding sites

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf en videograaf is albei deel van AF Photography.  Hierdie span is merkwaardig en uiters professioneel in alle aspekte van dienslewering.  André Ferreira is ‘n kennis van universiteit af en daarom was hy ook ons keuse.  Ons het hulle ook nagevors en sy portefeulje het my baie beïndruk.  Ek ken sy dryf en passie vir dit wat hy doen.  Hulle was nie net my foto en video span op my troue nie, maar ook ‘n groot deel van my ondersteunings raamwerk en motivering.  Hy het definitief die ekstra myl gestap vir ons.  Die gaste kon nie uitgepraat raak oor die kwaliteit van ons foto- en videografie span nie.  Hulle is uiters professioneel.

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die oomblik wat ons oog kontak gemaak het in die kerk.  Die emosie en gevoel was totaal oorweldigend.  Dit wat binne ‘n mens in daardie oomblik gebeur is absoluut ongelooflik en onbeskryflik.  ‘n Meer perfekte oomblik bestaan daar nie.  Nadien het vir Pierré ‘n gebed opgeneem voor die tyd in haar eie stem en net voordat sy ingekom het, het sy dit vir hom gespeel in die kerk.  Dit het ‘n wonderlike gewyde atmosfeer geskep in die kerk en die oomblik van ontmoeting voor die kansel soveel meer intiem gemaak.

Verander – absoluut niks.  Verandering aan ‘n dag so mooi sal net skade doen.  Elke oomblik, glimlag, gesprek en drukkie was die essensie van perfeksie.  Ek is absoluut geseënd en dankbaar om te kan sê dat ons sprokiesdag idillies en asemrowend was.

wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein Vrystaat troue Vrystaat troue

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het oor Amanzi Private Game Reserve wat in Brandfort geleë is, gedroom nog voor ons getroud was, maar hulle is lank vooruit vol bespreek.  Na maande se soek na ‘n alternatief het ons toe maar met baie gemengde gevoelens op ‘n ander venue besluit.  As gevolg van onvoorsiene omstandighede moes ons die venue later weer kanselleer.  Ons het toe ‘n kans gevat en Amanzi weer gebel en tot ons absolute vreugde het ‘n paartjie op dieselfde dag gekanselleer, maar dit sou beteken dat ons ons troue met ‘n week moet uitstel.  Sonder om twee keer te dink het ons die trou datum geskuif sodat ons sprokie troue kon waar word.

wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


 Paartjie:  

Kyk op en hou moed.

Wees onder alle omstandighede lief vir mekaar en ondersteun mekaar ten volle!  Praat dinge op n volwasse manier uit en neem weldeurdagte besluite.  Bly in eenstemmigheid, moenie in verskillende rigtings rem of beweeg nie.

Manne:

Geduld!  Ten alle tye.  Nie net voor jou troue nie, maar in jou huwelik ook.  Ondersteun jou verloofde en luister as sy haar hart met jou deel.  Maak tyd vir haar.

Dames:

Ja- jy droom oor jou “perfekte” groot dag van klein dogtertjie tyd af, maar vervang die woord “perfek” met “verwagting” en geniet net elke oomblik van beplanning en droom.  Jou dag sal in jou oë perfek wees omdat dit jou spesiale dag is.  Wees jouself en koester elke oomblik.

wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein wedding venues bloemfontein

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


R150 000 en ons het presies daarby gehou.  Die enigste manier hoe ons daarby gehou het was om die belangrikheid te verstaan om nie impulsiewe besluite te maak nie.  Om nie toe te laat dat emosie oorneem by die neem van besluite nie.

Ons het 120 gaste onthaal.

wedding cakes wedding cakes wedding cakes wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Dit was seker een van die moeilikste besluite.  Ons het Youtube aanhangers geword en ure na liedjie op liedjie geluister.  Ons smaak verskil hemelsbreed en dit was ‘n groot gesukkel om iets te kry waarvan ons albei hou.  Pierré het na baie luister en soek op ‘n liedjie afgekom wat ook in Nadien se smaak geval het.  Ons het besluit op die liedjie vir ons eerste dans, omdat die woorde perfek van toepassing was op ons lewe en ons perspektief oor liefde baie goed weerspieël het.  Ons het nie een keer geoefen nie, omdat ons gevoel het dit moet natuurlik kom en dit moet werklik ons “eerste dans” wees soos dit genoem word en so was dit dan ook.  Dit was baie spesiaal.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons wittebrood het in Jeffreysbaai afgeskop om eers lekker te ontspan en te rus vir die eerste twee dae.  Daarna het ons Kaap toe gevlieg en verder met ‘n lekker luukse huurmotor rondbeweeg.  Van paragliding, akwariums, wyn plase, vollyf masserings na kind wees op trampoliens en speletjie avonture het ons elke oomblik saam geniet.  Dit is so spesiaal om te beleef hoe elke soen en drukkie elke keer jou liefde se wortels dieper vestig.  Wat ‘n absolute voorreg en belewenis is dit nie om jou lewensmaat op alle terreine te leer ken nie.

wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein wedding photographers bloemfontein

Diensverskaffers