Bridget & Shaun se pragtige selfdoen troue

Ons is absoluut mal oor die dekor van die troue en Bridget gee goeie advies oor hoe om kostes te bespaar wanneer dit by die dekor van jou troue kom. Ons sê baie dankie aan Nadia van NB Photography wat die oomblikke van die pragtige troue vasgevang het.

Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0003 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0004 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0005 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0006

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons het mekaar in 1996 ontmoet toe ons nog op skool was.  Shaun was my hoërskool “crush”.  Ons het mekaar verskeie kere na skool raakgeloop, maar het vir die eerste keer in Januarie 2014 op ʼn amptelike afspraak gegaan.

Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0007 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0008 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0009 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0010

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was tydens Oktober 2014 op vakansie in Ballito.  Shaun het my gevra in die rotspoel op die strand.  Dit was 6 uur die oggend en ons was in die reën.  Ek het geen idee gehad dat hy my gaan vra nie.  Dit was ʼn groot verrassing.

Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0011 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0012 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0013 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0014

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was 1 jaar en 2 maande saam.

Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0015 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0016 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0017 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0018 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0019 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0020Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0021

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Moenie skuld maak vir een dag nie.  Hou dinge eenvoudig.  Jou gaste gaan net onthou of hulle pret gehad het op die troue, nie hoeveel blomme daar was of watter kleur die strooimeisies se rokke was nie.  Ek het gespaar deur die tekens en details vir die onthaal self te maak.  Ek het ook my bruidsmeisies se juwele self gemaak en as geskenkies vir hulle gegee.

Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0022 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0023 Bridget & Shaun Wedding as seen on Mooi Troues_0024

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: NB Photography
  • Spyseniering: Lepis Dore, Gift acres, Lynnwood