Jacques & Anri se winter paartjie fotosessie

In dié artikel van Mooi Troues deel ons die pragtige winter fotosessie van Jacques en Anri.  Dié paartjie het ontmoet deur ʼn gemeenskaplike vriend by ʼn Varsity Cup rugby wedstryd en soos hulle sê, “die res geskiedenis”.

Jacques en Anri se prettige winter fotosessie is definitief ʼn fotosessie wat hul persoonlikhede uitbeeld.  Dié fotosessie omring die pragtige paar met natuur en speel met ʼn rustige ligte winters tema.  Wanneer dit kom by Jacques en Anri se liefde vir mekaar, weerspieël dit mooi deur met dié prettige fotosessie.  Hulle is ʼn avontuurlustige paar en vul mekaar se persoonlikhede pragtig aan.

Rol nou en geniet die winter paartjie fotosessie van Jacques en Anri hier onder.

Die eerste ontmoeting:


Ons het deur ʼn gemeenskaplike vriend ontmoet by ʼn Varsity Cup Rugby wedstryd. Na die ontmoeting wou ek (Jacques) dadelik meer weet oor hierdie meisie.  Ons vriend het die geleentheid gebruik om ‘n volgende kuiertjie te reël by Royal Danish, ʼn baie bekende roomys winkeltjie.  Daar kon ons mekaar weer gesien en het toe al hoe meer in ʼn kleiner groepie begin kuier.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Jacques oor Anri:

Een eienskap wat ek bewonder van Anri is dat sy dit reg kry om die mooi in die lewe raak te sien.  Sy het ook die vermoë om almal om haar op te “cheer” en is altyd vriendelik.  Anri het ook die mooiste hart en sy ondersteun mens altyd met alles.

Anri oor Jacques:

Ek hou van Jacques se sin van humor, hy is soos my ewige vermaak. Hy’t rerig die vermoë om ʼn situasie so lig te maak en dinge net op te vrolik!  Naas dit waardeer ek sy geduld en rustigheid so baie.  Hy’s altyd so gedrewe om dinge te doen en reg te doen.  Sy passie en deursettingsvermoë is ook kwaliteite wat ek bewonder.

Drome as paartjie:


Ons droom graag saam oor ons toekoms, alhoewel ons nie al die detail self al weet nie.  Is daar wel kleurvolle planne, wat ʼn ring, ʼn huisie, hondjie, en ʼn baie mooi uitsig insluit.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons albei geniet dit om buitemuurse aktiwiteite te doen, soos stap, draf roei.  Beide van ons is altyd gretig om ʼn avontuur aan te pak of op ʼn uitstappie te gaan.  Enige nuwe plek met ʼn mooi uitsig trek ons albei dadelik aan, dit gaan gewoonlik gepaard met ʼn piekniek kombersie, ʼn bottel wyn en vingerhappies.

Rede vir die fotosessie:


Ons was benader deur Leandi, sy is ʼn nuwe opkomende en baie talentvolle fotograaf.  Dadelik was ons baie gretig vir die fotosessie, en het nog nooit so iets saam gedoen nie.  Ons was baie opgewonde om mooi professionele foto’s te hê om te kan raam en ons kamers te versier.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons het gegaan vir ʼn rustige ligte kleur winters tema om die natuur om ons mooi uit te bring.  Ons wou graag die son vang en die lig met die gras in “goue uur” het die oomblikke mooi vasgevang!

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Ons albei geniet dit om per geleentheid romanties te wees.  Enige ete met ʼn kersie en ʼn wyntjie is vir ons genoeg om ure te kan gesels en te kan droom saam.  Ons hou ook baie daarvan om die sonsondergang te gaan kyk!

KOVID 19 se uitwerking op jul verhouding:


Jacques het my op ʼn koffie afspraak gevra net voor die harde grendel tydperk begin het.  Ek kon toe nie gaan nie, aangesien ek en my sussie inderhaas moes huis toe gaan.  Min het ons geweet dat die koffie afspraak eers 3 maande later sou gebeur het toe!  Ons het mekaar toe aanlyn leer ken, aangesien ons slegs in ʼn groep voor die grendel tydperk gekuier het.  Ons kon ure met mekaar gesels het, so dat op ʼn stadium ons dag en nag amper omgeruil was!  En toe meer as 100 dae later gaan ons op die koffie afspraak, en het van toe af net baie lekker gekuier!

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: