Simone en Louis se verlowing fotosessie was in ‘n mooi beboste tuin in Limpopo gehou en die twee was later in die dam! Die natuur is maar net ‘n mooi ding.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons was saam op skool gewees.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het verloof geraak op Haenertsburg by Cheerio tuine. ‘n Romantiese piekniek onder dig bome wat uitkyk oor ‘n dam met die mooiste blomme. Dit het baie gereën maar die dig bome het ‘n sambreel oor ons gevorm. Dit was die mooiste en romantiese oomblik gewees van ons lewes..
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons het 7 Februarie 2015 getrou.
- Fotograaf: Nikki van den Heever
- Plek: Pavetta Country House ,Magoebaskloof, Limpopo