Thys & Amelia se Troue

Amelia en Thys was albei ‘n gevolg gewees by Amelia se broer se troue.  Dis hoe die twee ontmoet het.  Amelia beskryf Thys as nie ‘n vreeslike romantiese man nie, maar die verloofring bewys dat hy haar koester soos hy die diamant in die ring gekoester het vir jare vandat hy baie jonk was.  Amelia gee ook baie goeie advies aan paartjies wat hul troue nog beplan.

Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0002 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0003 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0005 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0004 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0006 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0007 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0008 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0009 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0010

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons het by my broer se troue ontmoet en was albei deel van die gevolg maar so senuweeagtig en teen die einde van die aand toe al die senuwees op stop was het ons mekaar regtig eers “raak gesien”.  Dit was nie liefde met die eerste opslag nie maar nadat ons ‘n Desember vakansie kort na die troue saam deur gebring het, het ek geweet dat ek eendag sy vrou wil word. Ons moes vir n rukkie eers lang afstand vry maar my werk het dit darem toegelaat dat ons dit darem nie vir te lank moes doen nie. Ek het van Pretoria verhuis en my nes kom skrop in die Noord Kaap.

Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0011 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0013 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0012 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0014 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0015 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0016

Hoe het julle verloof geraak?


 Manlief staan nou nie uit met sy vreeslike romantiese gebare nie maar ek weet sy hart is in die regte plek en hy was so bekommerd oor die groot vraag en dat dit dalk nie spesiaal genoeg gaan wees nie dat hy dit net op sy eie manier gedoen het sonder fieterjasies.  Hy het kort voor dit van oorsee af terug gekom en ons het gaan uiteet die aand en terug by die huis nog bietjie geselsies gemaak voordat ons besluit het om te gaan inkruip. Die ring was op die bedkassie gesit en ek het dadelik begin huil, hy het toe gevra of dit beteken dat ek ja sê…? wat wel baie spesiaal van die ring is, is dat die diamant al syne is vandat hy 6 jaar oud is.

Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0017 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0026 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0025 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0024 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0023 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0022

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was 4 jaar saam voor ons getrou het.

Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0021 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0020 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0019 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0018 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0027

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Elke dag is nie maanskyn en rose nie en moenie in ‘n verhouding ingaan en jou man probeer verander nie. Soos wat jy hom ontmoet is soos wat hy gaan wees.  Maak altyd of die plan sy idee was en tel tot tien voor jy iets sê wanneer jy kwaad is.  Wees spontaan en sê vir hom watse wonderlike man hy vir jou is.  Ons vrouens wil dit hoor maar hulle hou ook daarvan om dit te hoor en erkenning te kry.  Maak seker jy weet wat sy taal van liefde is en wys vir hom daardeur hoe baie jy hom lief het.

Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0028 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0029 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0030 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0031 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0032 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0033 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0034 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0035 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0036 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0037 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0038 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0039

Goeie advies vir paartjies wat nog hul troue beplan:


 Weet dat daar n paar goedjies nie noodwendig volgens plan gaan verloop nie maar moet nie dat dit jou ontstel en wrywing tussen jou en jou bruidegom veroorsaak nie. Die begroting gaan altyd bietjie oor die bedrag so hou dit in gedagte en besluit wat vir julle belangrik is en maak seker julle spandeer geld op dit sodat julle op die einde van die dag tevrede is met daardie dingetjies. Daar is ‘n rede waarom party goed die goedkoopste is en wees maar net bedagsaam op dit. Die harde les wat ek geleer het was om mense se woord te vat vir dinge, kry alles op skrif veral van jou venue, dekor ens want dit kan jou baie duur kos na die tyd as jy nie bewyse het van hulle beloftes nie.

Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0040 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0041 Thys & Amelia se Troue soos gesien op www.mooitroues.co.za_0042

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: