Jacques & Lisa verlowingfoto’s in Stellenbosch

Jacques en Lisa het besluit om die strate van Stellenbosch in te vaar om hul verlowingfoto’s te neem.  Die omgewing was egter só mooi dat hulle nie net op een plek kon bly nie.  Die dag het in een groot avontuur ontaard!  Jonkershoek se pragtige natuurskoon was hul eindbestemming.  Hulle verlowingfoto’s getuig beslis van die prettige aard van hul verhouding en gee ‘n voorsmakie van wat hierdie paartjie se huwelik inhou.

Die paartjie is al volstoom aan die gang met hul trou-reëlings.  Jacques en Lisa se groot dag vind op 12 Oktober 2019, by Bon Cap Wedding Venue plaas.  Hulle het hierdie pragtige venue, geleë tussen Robertson se betowerende natuurskoon, op Mooi Troues se webblad ontdek.  Hulle beskryf dit as ‘n versteekte juweel en is seker dat dié venue perfek is vir hulle groot dag.

Rol af en geniet die verlowing fotosessie in Stellenbosch.

engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Op ‘n doodgewone dag op Stellenbosch Universiteit het Jacques vir my (Lisa) by die Ingenieurs-fakulteit raakgesien en gewonder of hy my ooit weer sou sien.  Enkele dae later het ons by ‘n kerk-skakel tussen Nerina Dameskoshuis en Wilgenhof Mans-koshuis ontmoet.  Jacques beskou hierdie toe as ‘n gulde geleentheid om homself voor te stel.  Hy het selfs genoeg moed bymekaar geskraap om na die tyd saam my kar toe te stap!  Ek was beïndruk met Jacques se goeie maniere, maar was nie regtig met die eerste oogopslag verlief nie.

Na ‘n hele paar koffie afsprake, het Jacques vir my na sy niggie, Monique, se troue genooi.  Hiervoor het ek my ma se raad gekort! Ek was bietjie skepties en het aanvanklik gedink dis te ernstig vir ‘n vriendskap.  My ma het my egter moed ingepraat om saam te gaan. Vandag is ek baie dankbaar vir my ma se wyse raad – dit was juis by daardie einste troue waar ek op Jacques verlief geraak het.  Hy het uit sy pad uit gegaan het om my te laat welkom voel.  Ek het verlief geraak op die manier waarop hy my, asook sy ouers en geliefdes hanteer het.  Die niggie op wie se troue alles begin het, het toe ook my verloofring ontwerp.

engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenboschengagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Jacques het aan my genoem dat ons bietjie moet wegbreek sodra my finalejaar projek ingehandig is.  Hy het ook genoem dat twee vriende, Bernard en Calene in die Tuin Roete wil gaan kamp en dat dit die perfekte wegbreek sal wees.  Carlene het op die nippertjie laat weet dat sy dit nie meer kan maak nie.  Jacques het aangedring dat die twee van ons nogsteeds moet gaan om te vier dat my projek ingehandig is en om bietjie weg te kom van sy alledaagse omgewing.  Ek het egter vir Jacques probeer oorreed om eerder tuis te bly omdat dit so ver rit is en Mosselbaai elk geval onweer gehad het.  Dit het egter nie Jacques se planne omver gegooi nie – die Saterdagmiddag het Jacques my by die Oubaai Hotel en Oord gevra om te trou en ek het ja gesê!

engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons wou die fotosessie baie natuurlik hou.  Die idee was om ‘n paar foto’s in Stellenbosch se strate te neem – omdat dit die plek is waar ons storie begin het.  Ons het die beeldskone strate van Stellenbosch aangepak en ons gunsteling koffiewinkels, roomys-hoekies en piekniek-plekkies besoek.

engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Een van ons goeie vriendinne, Chanté, het onlangs haar ingenieurs-boeke vir ‘n kamera ingeruil.  Sy het ‘n ongelooflike passie vir fotografie en ons het geweet ons sal baie gemaklik voor haar kan wees.  Sy het met die grootste vreugde ingestem om ons geluk vas te vang.  Die fotosessie het in die strate van Stellenbosch afgeskop, maar vinnig ontaard in ‘n vier-uur lange avontuur wat in Jonkershoek geëindig het.  Ons het die finale foto’s vir ons uitnodigings en webtuiste gebruik.

engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Om al die mense vir wie ons lief is onder een dak te hê, maak ons ongelooflik opgewonde.  Dit alleen klink vir ons soos ‘n droom!  Omdat ek op ‘n plaas groot geword het, sal ek baie graag op ‘n plaas wil trou.  Ons wil ook nie vir die eerste paar jaar van ons huwelik afbetaal aan ‘n troue nie – so ons wil dit eenvoudig hou en die werklike betekenis van die dag vasvang.

Danksy Mooi Troues, het ons op Bon Cap afgekom.  Wat ‘n versteekte juweel!  Ons groot dag vind plaas op 12 Oktober 2019.  Ons weet sommer al die gaste gaan lekker eet, lag en saam kuier.

engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch engagement photosession in stellenbosch

Diensverskaffers