Bertus & Helanje se verrassende verlowing

Helanje en Bertus se verassing-verlowing fotosessie is een van die mooiste en mees romantiese fotosessies wat ons al gesien het.

Bertus het in die geheim met Helanje se suster en Marli Koen gereël om die foto’s van die groot verassing-verlowing af te neem.  Jani, Helanje se sussi, het haar gevra of sy en Bertus op ‘n fotosessie sal gaan.  Haar rede was dat haar vriendin, Marli Koen,  ‘n paartjie nodig het vir haar portefeulje.  Helanje het toe vir Bertus gevra, maar sy antwoord was ‘nee’ hy wil nie deel wees van ‘n fotosessie nie.  Sy moes die heeldag lank smeek, alhoewel Bertus die een was wat dit gereël het.  Só het Bertus toe ingestem vir die fotosessie.  Tydens die mooiste deel van die fotosessie, die sonsondergang, het Bertus op sy knie gegaan en Helanje verras met ‘n verloofring en haar gevra om met hom te trou.

Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0001Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0002 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0003 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0004 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0005 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0006 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0007 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0008 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0009 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0010 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0011

Hoe het julle ontmoet?


In Mei 2013 was Bertus vd Merwe genooi deur sy neef, saam met wie hy groot geword het, na ‘n braai op ‘n plaas in Stellenbosch.  Sy neef se meisie met wie ek vriendinne is,  het haar ook genooi na dieselfde braai.  Toe ek daar aankom was Bertus klaar daar.  Hy het sy oupa hoedjie aangehad saam met plaasklere.  Ek het beslis gedink hierdie is ‘n boer wie ek beter sal wil leerken.  Gelukkig het ek opgedaag by die braai met ‘n denim en ‘gumboots.’  Bertus het ook darm gevoel ek’s ‘n oulike meisie!

Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0012 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0013 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0014 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0015 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0016 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0017 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0018 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0020 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0021 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0022 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0023

Raad vir ander paartjies:


Moet nooit probeer om die ander een te verander nie.  As daar iets is wat jou pla van jou maat, probeer eers kyk hoe jy iets anders kan doen om nie daardie reaksie te kry nie, voordat jy jou maat uitwys op sy/haar probleem.  Hou die kroon altyd op jou maat se kop, staan by jou maat al glo jy jy kan beter doen.

Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0024 Helanje & Bertus se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0025

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: