Nick & Samantha se Verlowing Fotosessie op Seinheuwel

Met baie opgewondenheid deel ons Nick en Samantha se verlowing fotosessie op Seinheuwel in Kaapstad met julle.  Dié paartjie hou baie van die Kaapse berge en daarom het hul besluit om hul verlowing fotosessie op Seinheuwel te doen.  Omring deur prentjie mooi natuurtonele en die berge in die agtergrond asook die stad en see is dit die perfekte ligging om nuwe herinneringe te maak.

Samantha vertel dat sy baie van foto’s hou, omrede dit ʼn miljoen stories vertel en altyd goeie herinneringe het.  Dit is een van die redes hoekom paartjies graag ʼn verlowing fotosessie wil doen.  Om daardie spesiale oomblikke in foto’s vas te vang.  As jy weer oor ʼn paar jaar na die foto’s kyk, kan jy die herinneringe herleef.

Ons is gaande oor die paartjie se fotosessie.  Die sonsak lig is so sag op die paartjie en skep ʼn skilderagtige agtergrond vir hul verlowing fotosessie.  Dit is belangrik om ʼn goeie fotograaf te gebruik waarmee jy gemaklik is.  Vir oulike trou fotograwe, besoek Mooi Troue se Trougids.  Ons het trou fotograwe en ook ander trou diensverskaffers van regoor Suid-Afrika.

Rol af om meer te lees oor Nick en Samantha se ontmoeting en liefdesreis.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het op Tinder ontmoet, glo dit of nie.  Ek en Nick het ontmoet na ʼn paar weke van klets en net deur gesels – dit het só reg gevoel en ek het só goed gevoel oor wat dit moontlik kan word.

Ons het uiteindelik saam ʼn paar vriende ontmoet en ons het dadelik begin kliek.  Dinge het redelik vinnig beweeg, maar ʼn paar maande later het ons saam na Kaapstad verhuis.  Ná ’n jaar en nege maande is ons verloof.

Die groot vraag:


Ons het gesels oor trou en al daardie opwindende dinge wat daar na gebeur, maar het geen idee gehad van hoe, waar en wanneer nie.

Die oggend het ek na ʼn ooievaarstee gegaan en hy het vir my gesê: “Kom ons gaan uit en eet ʼn middagete, want die afgelope paar weke was redelik besig as gevolg van werk.”  So dit was ʼn goeie tydsberekening.  Hy het my by die ooievaarstee gaan haal en ons het gaan “soek” na ‘n plekkie om middagete te geniet.

Ons het by Warwick op geëindig.  Hy het ʼn ‘Pod’ vir ons bespreek. By die ‘Pod’ instap was daar ʼn bos blomme op die tafel en sjampanje in die middel van die tafel.  Ons het gesels en voor ek geweet het was hy op een knie.  Dit was ʼn oomblik wat ek vir altyd sal onthou. Hy het selfs ʼn geheime fotograaf beplan om die oomblik vas te vang.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling kenmerke van hom is dat hy het so ʼn pragtige siel het – hy is geduldig, vriendelik en hy doen ook 110% in alles wat hy doen.  Dit spreek boekdele vir my.

Van die oomblik dat ek Sam ontmoet het, het sy nog altyd die grootste hart gehad.  Sy sal bo-en-behalwe gaan vir diegene vir wie sy lief is.  Sy is lief vir alles wat sy het en ek bewonder altyd om dinge uit haar oë te sien, aangesien sy altyd die goeie in alles en almal sien.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het onsself ʼn jaar gegee om die troue te beplan, aangesien ons familie en vriende tyd nodig gehad het om te beplan en van regoor Suid-Afrika moes reis na ons troue.

Die verloofring:


Die verloofring is een van die mees spesiale stukke wat ek ooit sal dra.  Nicholas se ma is ʼn paar jaar gelede oorlede,  sy pa het haar ring vir hom gegee.  Hy het die ring gebruik om my verloofring te maak.  Hy gebruik die ander goud van die ring vir sy pand.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek is mal oor foto’s, dit vertel vir my ʼn miljoen stories!  Hierdie seisoen waarin ons is, is só spesiaal, want dit is ʼn oomblik wat ons nooit weer sal kry nie en ʼn nuwe seisoen van ons lewens begin terwyl ons voorberei om man en vrou te wees.  Foto’s vang die oomblik vas.  Hierdie verlowings foto’s is oomblikke waarop ons nooit kan teruggaan nie en net terugkyk en terugdink.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het 2 en ʼn half jaar terug Kaapstad toe getrek.  Die berge is net ongelooflik, wys net God se pragtige skepping en dit is een van die mooiste plekke in die wêreld.  Ons het ʼn gemaklike styl gekies, want dit sal ons gemaklik laat voel in ons omgewing.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Ek dink een van my grootste vrese is die trou beplanning.  Al die groot dinge wat bymekaar kom, en veral al die klein goedjies.  Sal alles goed uitdraai op die dag.  Het ek die regte rok, venue, kleurskema, kos gekies.  Dit is die dinge wat hierdie proses skrikwekkend maak en net hoop dat alles in jou kop sal uitdraai soos jy graag wil hê.

Visie vir droomtroue:


My droomtroue behels dat al ons familie en vriende ons omring en hierdie pragtige oomblik te vier.  Ek droom van ʼn troue in ʼn trou venue wat soos huis voel, ʼn plek wat gevul is met lig, groen, pragtige blomme en goeie musiek.  Eet van hartlike kos saam met die mense vir wie ons die liefste is.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: