Nadia & Charl se pragtige verlowing

Verlowings foto’s trek darem vinnig aandag. Dalk het dit iets te doen met die vrolikheid, glimlagte en verliefdheid wat maak dat ons vlinders in ons maag kry. Dít is wat jy kry wanneer jy na Nadia en Charl se pragtige plaas-tema fotosessie kyk. Dié sessie het tussen perske bome en die natuur tonele van  Hamlet plaasgevind. Hulle het tot hulle oulike worshondjie saam gebring om deel te wees van die fotosessie.

Baie paartjies sien nie die belangrikheid wanneer dit kom by verlowing fotosessies nie en sien dit net as ‘n ekstra uitgawe. Ons kan jou waarborg dat jy eerder ‘n verlowing sessie moet doen voor jou troue indien moontlik, dit laat jou verstaan hoe jou fotograaf werk en gee jou die kans om advies te vra, vóór die dag van jou troue. Jy kan dan op die dag van die troue gemaklik wees en baie meer mooi foto’s kry. Baie dankie Miss Cee Photography vir die pragtige foto’s.

Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0001Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004

Wanneer het julle verloof geraak en hoe?


Die datum was 08 Desember 2013.  Ons 2 was vir die naweek Onrus toe saam met Charl se familie en in die strandhuis gebly.  Hy het my die Sondag middag opgejaag en gesê ons moet Hoy’s koppie gaan uitklim in Hermanus.  Die weer was aaklig die hele naweek en blykbaar het hy toe nou heel naweek gewag sodat die weer reg was om die koppie te gaan uitklim.

Ons het die Sondag laat middag gegaan want hy was bang hy verspeel sy kans om my daardie naweek te vra. Ons het amper van die berg af gewaai! Uiteindelik het ons bo uitgekom en hy het sommer onmiddellik op sy een knie gegaan en reguit gevra.” Liefde, ek weet ek wil my lewe saam met jou spandeer, sal jy my die gelukkigste ou maak deur met my te trou?”

Ek het ja gesê en my amper doodgelag/gehuil omdat sy oomblik so oulik was met die wind wat so gewaai het.

Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0008Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0010

Wanneer beplan ons om te trou?


Ons datum is bevestig vir 8 Desember 2014 by Opstal Landgoed en Restaurant in Slanghoek vallei in Rawsonville.

Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0011Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0012Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0013Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0014Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0015Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0016

Wat is julle droom troue?


Ons dink ons is baie naby aan ons droom troue.  Ek hou van alles natuurlik, “rustiek” asook “vintage”.  Hout, roes en goiing sakke is die droom waarna ons streef en probeer als self maak sover as wat ons kan om ons eie stempel op ons troue te kan sit. Mense moet welkom en spesiaal voel en daarom wil ons ‘n klein troue van nie meer as 80 mense hê nie.  Ek geniet elke oomblik in die beplanning vir die groot dag en hou my heeldag besig met houtwerk, draadwerk asook baie lappies werke.

Nadia & Charl - Gevind op www.mooitroues.co.za_0017

Diensverskaffers: