Steven & Anke se romantiese troue

As jy ʼn natuur en romantiese persoon is, dan is Steven en Anke se troue vir jou bedoel.  Hulle het by die pragtige Leipzig Country Estate buitekant Worcester getrou.  Die mooiste berge en wingerde was hulle agtergrond vir hulle trou foto’s.  Die binnekant van Leipzig Country House & Winery is absoluut buite die wêreld!  Dit is só romanties!

Met die pers, pienk en geel blomme het dit uitgestaan by die pragtige baksteen mure. ʼn Baie spesiale dankie aan die fantastiese fotograaf, Christine W Photography vir die mooiste foto’s.

Rol af om inspirasie te kry vanaf Steven en Anke se romantiese troue.  Indien Mooi Troues se lesers nog inspirasie benodig, gaan gerus na ons webtuiste vir meer.

 STEVEN&ANKE-2

STEVEN&ANKE-4

STEVEN&ANKE-5

STEVEN&ANKE-6

STEVEN&ANKE-7

STEVEN&ANKE-8

STEVEN&ANKE-9

STEVEN&ANKE-11

STEVEN&ANKE-12

STEVEN&ANKE-13

Hoe het julle verloof geraak?


Oktober 2011.  Ek het nog op Stellenbosch studeer en Steven het van Robertson gery om te kom kuier. Hy het my vertel dat ons iets lekkers die naweek gaan doen en hy wil my weer Kirstenbosch tuine toe neem om piekniek te gaan hou.  Ongelukkig was dit daardie Saterdag gure weer en die piekniek kon nie realiseer nie.  Ons besluit toe maar om vir ‘n “scenic drive” te gaan sommer Chapman’s Peak en vis en chips in Houtbaai te gaan eet.  Op pad terug het hy by een van die uitkykpunte gestop.  Hy het net daar op sy knieë gegaan en gevra of ek sy vroutjie sal wil wees.  Dit was heeltemal onverwags!  Presies soos ek dit sou wou hê!

STEVEN&ANKE-14

STEVEN&ANKE-15

STEVEN&ANKE-16

STEVEN&ANKE-19

STEVEN&ANKE-20

STEVEN&ANKE-21

STEVEN&ANKE-22

STEVEN&ANKE-23

STEVEN&ANKE-24

STEVEN&ANKE-25

STEVEN&ANKE-26

STEVEN&ANKE-27

STEVEN&ANKE-28

STEVEN&ANKE-29

STEVEN&ANKE-30

STEVEN&ANKE-31

STEVEN&ANKE-33

Hoe het julle besluit op die trou onthaal?


Ons het van die begin af gedink om in Robertson of omliggende dele te trou – dit is maar net die gerieflikste omdat ons albei daarvandaan is.  Steven se broer het die 10de November getrou en aangesien ons sy ander broer en vrou van Engeland graag by ons troue ook wou hê moes ons maar naby aan sy oudste broer se troue trou. Ons het toe op die 17de November besluit!  Eerstens het ons maar by al die moontlike venues uitgevind wie nog beskikbaar is daardie datum en het dan kwotasies gevra. Deur die kwotasies gesif en toe maar begin om te gaan kyk.

Leipzig was ons heel eerste uitstappie!  Toe ons daar instap het ons net geweet dis dit!!  Buiten die uitstekende pakket wat hulle aanbied is Leipzig rêrig iets besonders!  Ons wou nie in n saal trou wat jy moet opmaak vreeslik nie en nie een van ons is vreeslike wyn kenners nie (al is ons liefhebbers) – het  net nie gevoel ‘n wynplaas pas rêrig by ons persoonlikhede nie.  Met n klein bietjie van ons eie smaak en ‘n tikkie van ons persoonlikheid … Was Leipzig die PERFEKTE venue vir ons romantiese troue en ons sal dit oor en oor en oor weer kies bo almal!

STEVEN&ANKE-35

STEVEN&ANKE-36

STEVEN&ANKE-37

STEVEN&ANKE-39

STEVEN&ANKE-40STEVEN&ANKE-1

STEVEN&ANKE-41

STEVEN&ANKE-42

STEVEN&ANKE-43

STEVEN&ANKE-44

STEVEN&ANKE-45

STEVEN&ANKE-46

STEVEN&ANKE-47

STEVEN&ANKE-49

STEVEN&ANKE-50

STEVEN&ANKE-51

STEVEN&ANKE-54

STEVEN&ANKE-55

STEVEN&ANKE-56

STEVEN&ANKE-57

STEVEN&ANKE-58

STEVEN&ANKE-59

STEVEN&ANKE-60

STEVEN&ANKE-61

STEVEN&ANKE-62

STEVEN&ANKE-63

STEVEN&ANKE-64

STEVEN&ANKE-65

STEVEN&ANKE-66

STEVEN&ANKE-67

STEVEN&ANKE-68

STEVEN&ANKE-69

STEVEN&ANKE-70

STEVEN&ANKE-71

Waar was julle op wittebrood?


Ons was vir ‘n week Zanzibar toe en het by die Seacliff resort and spa.  Dit was ‘n ongelooflike belewenis!  Zanzibar is die perfekte wittebrood vakansieplek.  Daar is iets om te doen en plekke om te sien as jy die dag lus is vir aktiwiteite maar nie te veel sodat jy heeltyd besig is nie.  Ons kon gaan snorkel, seekos braai op ‘n private eiland, Stone Town verken en nog ander historiese plekke gaan besoek en ons kon dae lank net le en rus langs die swembad of water met ‘n cocktail in die een hand en ‘n lekker boek in die ander, langs jou splinternuwe verliefde lewensmaat!

STEVEN&ANKE-72

STEVEN&ANKE-73

STEVEN&ANKE-74

STEVEN&ANKE-75

STEVEN&ANKE-76

STEVEN&ANKE-77

STEVEN&ANKE-78

STEVEN&ANKE-79

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: