Nikita & Warren se verlowing

Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0001

Ons kyk vandag bietjie na Nikita en Warren se oulike verlowingsfotosessie wat hulle gehad het in ‘n pragtige woud omgewing naby Tafelberg. Nikita moes Warren op n bewolkte Saterdagoggend 08:00 in die dorp ontmoet vir hulle oggendstappie. Sy het totaal verslaap. Na sy Warren laat weet het, ontmoet hulle toe eers 09:00 en na ‘n uur se stap stop hulle vir koffie.

Warren kry toe ‘n oproep van ‘n kliënt wat verduidelik dat daar ‘n noodgeval by sy werk is en Warren probeer (sonder sukses) om daaruit te kom. Aangekom by die gebou sê die kliënt hulle moet net gou wag vir die argitek, maar hy wys solank vir hulle die pragtige daktuin. Die kliënt verdwyn en Warren wys toe vir Nikita al die restaurante en plekke uit wat hulle voorheen besoek het.

Die volgende oomblik draai hulle om en Warren sak op sy knie neer. ‘n Groot banier waarop staan “Nikita sal jy met my trou?” sak van die gebou langsaan af en Warren vra DIE vraag met die mooiste ring wat sy nog ooit gesien het. Sy was verstom! Nikita se ouers het daarna by hulle aangesluit met sjampanje. Daarna het hulle ‘n feestelike middagete gaan eet. Wat ‘n verrassing! Dankie Christine Le Roux vir die pragtige foto’s.

Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0002 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0003 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0004 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0005 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0006 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0007 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0008 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0009 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0010 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0011 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0012 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0013 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0014 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0015 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0016 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0017 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0018 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0019 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0020 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0021 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0022

Verstel ons bietjie meer van hoe julle ontmoet het:


Snaaks genoeg kan nie een van hulle onthou nie!  Ons was al ‘n hele rukkie vriende en was deel van ‘n groep vriende. Warren wou uitvind of Nikita ‘n ogie op iemand het, maar sy het vinnig gesê sy wil vir eers alleen wees en nog eers reis voor sy betrokke wil raak in ‘n verhouding. ‘n Paar maande later het die vriendegroep uitmekaargespat en hulle het mekaar vir 6 maande lank nie gesien nie. Met die Knysna-halfmarathon het hulle mekaar weer raakgeloop en Nikita het begin besef watter oulike ou Warren is. Hulle het as vriende begin saam kuier.

Nadat hulle al hoe meer begin sms, praat en uitgaan het, het hulle   besef dat iets spesiaals aan die gebeur is. Warren het Nikita genooi vir tuisgemaakte hamburgers. Hy het kitaar gespeel en gesing en daarna is die koeël  deur die kerk vir Nikita. Warren het Nikita genooi vir ‘n “gig” en van daardie aand af is hulle saam.

Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0023 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0024 Nikita & Warrens Engagement as seen on www.mooitroues.co.za_0025

Diensverskaffers:


Fotograaf: Christine Le Roux