Wie maak dit op ons Gastelys?

Wie maak dit op ons Gastelys?  Dit is ‘n vraag wat baie toekomstige bruidspare vrae en min antwoorde op kry.  Mooi Troues help jou om jou gastelys te beplan.  Jy het sopas verloof geraak en sien die wêreld deur opgewonde oë.   Dit klink heel eenvoudig, “ons nooi slegs die mense wie naaste aan ons is,” totdat jou aanstaande skoonma of selfs moederlief met hul eie lysie kom.  Dit word ʼn moeilike omstandighede veral om almal gelukkig te hou ten koste van jou eie wense.  Die belangrikste is om te onthou dat dit julle troue is en niemand anders se troue nie, so op die einde van die dag is dit julle eie besluit.  Hier volg ʼn paar wenke om in gedagte te hou wanneer jy met jou gastelys begin.

Desert wedding

Begroting:


Dit sal die belangrikste element wees.  Dit sal bepaal watter tipe venue julle na opsoek is.  Jy en jou verloofde sal min of meer moet besluit wat julle begroting vir die troue sal wees.  Hierdie bedrag gaan dit soveel makliker maak om uit te werk hoeveel gaste genooi kan word.  Hou ingedagte dat nie slegs die spyseniering die begroting beïnvloed nie, maar jou ander kostes soos stoele, tafels, blomme, dekor, uitnodigings, programme, vermaak en dan die grootte van die onthaal lokaal waar julle gaan trou.  As jy ‘n begroting het kan jy rondom dit begin beplan.

Desert wedding

Is kinders welkom of nie?


Hierdie besluit is ‘n baie persoonlike besluit vir paartjies om te neem en dit is nie altyd maklik nie.

Geen kinders:

Hou by julle besluit en skryf op die uitnodiging, “Ongelukkig Geen Kinders” of as dit slegs kinders is van onmiddellike familie, “Kinders Slegs By Uitnodiging”.  Julle kan ook dalk sê kinds onder ‘n seker ouderdom nie die troue kan bywoon nie.

Kinders welkom:

Vra dat gaste saam met hul laat weet hoeveel kinders saam kom.  Maak reg vir die kleintjies deur oulike partytjie-sakkies op te maak om hulle besig te hou.  Julle kan ook ʼn aparte area in die onthaalsaal uitsit vir die kinders of (indien die onthaal lokaal so iets het) ʼn kamer waar ʼn kinderoppasser na hulle kan kyk en vermaak.  Dit sal die ouers van die kinders die gerusstelling gee dat hul kinders veilig is en dat hul ook hulself kan geniet.

Desert wedding

Ma en Skoonma se gastelyste:


Hierdié is ʼn saak wat versigtig benader en hanteer moet word.  Onthou dat jou ouers (veral jou ma) is trots en opgewonde dat haar kind op trou staan, sy graag vir almal wil wys – en nie deur foto’s nie maar as genooide gaste.  Daar gaan moontlik ʼn punt kom waar ouers na vore gaan kom met ʼn gastelys van hul eie – wees gereed hiervoor.  Praat vooraf met albei ouers en verduidelik rustig dat julle slegs mense nooi met wie julle gereeld in kontak is en wie aktief betrokke is in julle lewens.  Indien jy wel wil hê jul ouers moet ook hul eie deel moet hê in jul gastelys, gee vir elke ouerpaar ʼn limiet op hoeveel gaste hul mag nooi en hou daarby.

Desert wedding

Metgeselle:


Baie eenvoudig. Indien die persoon nie in ʼn lang-termyn verhouding is nie, nie verloof of getroud is nie, kan hy of sy alleen opdaag.  Dit hang alles van julle verhouding met die persoon.  Indien julle wil hê die persoon moet ‘n vriend saambring, dan kan jy so sê in die uitnodiging.

Desert wedding

Maak verskillende gastelyste:


Belangrikste gaste:

Hierdie is die mense wat die troue sal bywoon maak nie saak wat julle besluit sal wees nie.  Dit is mense wat vir julle mees belangrik is en het oor die algemeen ʼn direkte impak op jul lewens.

Moontlike gaste:

Hierdie is mense wat moontlik op die gaste lys kan kom.  Indien iemand RSVP dat hulle dit nie kan maak nie, nooi dan iemand van die “B-lysie”.  Bly in jou begroting.

Desert wedding

Werk Kolegas:


Moet glad nie verplig voel om jou kollegas te nooi nie. Indien jou begroting dit toelaat, (en jy eintlik ʼn verhouding met hulle het buite werk-omstandighede) nooi hulle.  Wees net versigtig dat jou uitnodiging aan hulle nie ongemaklik reaksies lok by ander kollegas nie.

Artikel Krediet:

Foto slegs vir illustrasie doeleindes: Fotograaf – Nifty Studio