Dandré & Hanri se stedelike verlowing

Dandré en Hanri is ‘n paartjie wat lief is vir die natuur.  Hulle het egter gekies om iets anders vir hul verlowingfotosessie te doen.  So het hulle besluit om dieselfde plek waar hulle, hul eerste afspraak gehad het as die plek vir hul verlowing foto’s.  Paartjies wat in Pretoria bly en op soek is na idees vir hul verlowing fotosessie sal baie die stedelike verlowing fotosessie van Dandré en Hanri hieronder geniet.

Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Op een wintersaand het ons ontmoet deur ‘n gemeenskaplike vriendin.  Ons vriendin het ons genooi om saam haar te gaan makietie by een van die kuier plekke in Pretoria. Dandré het verskriklik baie vra gevra daai aand en ek het net gestaar en gedink “hy is nogal oulik”!

Hanri: Iets wat vir my uitgestaan het is toe hy daai aand genoem het hoe hy die Here gevind het en sy lag was ongelooflik oulik vir my.  Dandré het ‘n goeie sin vir humor

en weet hoe om my te laat lag.

Dandré: Ek en Hanri het dadelik lekker gekuier en saam gelag.  Sy is ‘ n baie gemaklike mens en soek altyd die positiewe uit elke situasie en mens.  Dit was vir my baie goed om te hoor dat ek en Hanri n passie vir ons geloof deel en van dag een af was dit vir ons ‘n gesprek beginner.  Ek het gedink Hanri is ‘ n baie mooi meisie, veral in haar swart pakkie waarin ek haar ontmoet het.

Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Ons was ‘n lang naweek weg na Ngata Lodge in Dinokeng.  Ons is lief vir kamp en die natuur, maar die keer besluit om ons-self te bederf met “glamping”.  Dandré het vreemde vra begin vrae soos “ek wonder of hier ‘n kluis is?”  Ons het rustig op ons “glamp” tent se stoep gesit en gestaar in wonder na die sonsondergang.  Ek het my op op sy bors geplaas en ek het sy hart hoor vinnig klop.  Toe ek weer sien was Dandré op een knie met ‘n boksie in sy hand.  Hy het eers so rukkie stil gebly en saggies gesê “ek het geen woorde nie”.

Ons het daai aand die restaurant vir ons self gehad (was nie beplan nie) en Dandré het vertel dat hy die ring gekry het net voordat ons uit Pretoria vertrek het.  Hy sou my nie daardie naweek gevra het nie, maar die ring was in sy sak en hy het die geleentheid aangegryp.  Hy was ook baie gestres dat die ring weg sou raak en daarom gevra het oor die kluis.

Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia

 Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Meeste verlowing foto’s word in die natuur geneem en alhoewel ons lief is vir die natuur, wou ons iets anders doen wat uniek is, maar tog “ons” uitbeeld.  Ek het vir ons fotograaf, Alexis, gevra vir unieke voorstelle en sy het The Club, Pretoria genoem.  Ons eerste afspraak was by Hudsons, The Club en daarom is die idee agter die fotosessie perfek vir ons.

Pretoria het pragtige klein noekies waarvan min mense weet.  Jy kort net ‘n fotograaf wat oorspronklik is en hou van speel met lig en die omgewing.  Die stad is waar ons hart, familie en vriende is en die foto’s beeld ons saam en Pretoria as ons hart se punt pragtig uit.

Ons trou kleurskema is smaraggroen en mostert geel (vreemd vir meeste, maar interessant vir ons) en ek wou graag die kleure inbring in ons verlowingsfotosessie ook.

Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Alexis Muntz het die beste pakkette.  Sy sluit saam met haar pakket ‘n gratis verlowings-sessie in sodat sy ons kan leer ken en ons gemaklik voor die kamera ook kan wees. Dandré is eintlik natuurlik voor die kamera, meer as wat hy sal erken 🙂

Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons albei soek ‘n feesviering van ons huwelik en ons sien dit as twee families en naby vriende wat bymekaar kom vir ‘n gesellige kuier.  Dit is vir ons belangrik dat almal lekker saam kuier.  Mekaar leer ken, saam ons staan op ‘n groot stap in ons verhouding en die eerste stap in ‘n huwelik saam God.  Ons venue het ‘n tuis atmosfeer … Daar is pragtige banke, lang gesellige tafels, ‘n besonderse tuin waar hoenders en eende rondloop.  Die kombuis is deel van die kuier area wat ‘n mens baie welkom laat voel.  Dit gee die idee dat jy by jou huis is (net meer deftig) en gesellig kuier met kuiergaste.

Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia Verlowing fotosessie in Pretroia

Diensverskaffers