David & Megan se troue by Bosduifklip

David en Megan vertel dat hul dadelik verlief geraak het op ‘n venue wat ‘n unieke atmosfeer bied vir paartjies wat ‘n venue met karakter soek.  Die talentvolle en gerespekteerde fotograaf het dié spesiale dag op foto’s vasgevang wat met Mc Gibbon nageslagte gedeel sal word.  So as jy ‘n troue in die Weskus beplan is dié paartjie se troue spesiaal vir jou met propvol inspirasie.  Rol af en geniet dit.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


28 April 2018 en David was 30 en Megan 27

Hoe het julle ontmoet en verloof geraak?


Ons het deur middel van gemeenskaplike vriende op Universiteit van Stellenbosch ontmoet.  Ons het verloof geraak in die Suid-Luangwa Nasionale Park in Zambië.

Vertel ons meer oor jul ringe?


Ons ringe was gemaak deur Dear Rae.  Ons het ‘n familie-diamant ingesluit wat dit al hoe meer sentimenteel gemaak het.

Vertel ons hoekom het die bruid haar spesifieke trourok gekies?


Ek wou iets klassieke hê.  Ek was lief vir die verskillende kant materiaal wat ek vir my rok gehad het.  Dit het ‘n soort organiese voorkoms gehad.

Vertel ons meer van jou fotograaf en videograaf.


Ons het Coba Photography gebruik.  Coba is ‘n absolute droom om saam mee te werk, sy is ongelooflik professioneel en skep ‘n baie kalm atmosfeer.  Ons kan haar nie genoeg bedank nie!

Wat was die mees merkwaardigste oomblik van die dag en is daar enigiets anders wat jy sou verander?


Ons was lief vir die hele dag en sou niks verander nie!  Ons seremonie was net ongelooflik!  ‘n Vriend van ons het ons getrou.  Hy het die seremonie so bedagsaam, snaaks, briljant en mooi gemaak dat dit ‘n oomblik is wat ons nooit sal vergeet nie.

Hoe het jy besluit op die venue en wat was die inspirasie vir die dekor?


Ons wou ‘n rustieke, maar pragtige plek hê.  Ons het net gekyk na een plek wat Bosduifklip was en het dadelik verlief geraak.  Dit was die perfekte plek vir ons as ‘n paartjie.  Ons wou elegante, wonderlike dekor hê wat die lokaal sal komplimenteer.

Wat was jou trou begroting en hoeveel gaste het jul gehad?


Ons het probeer om soveel moontlik kostes-effektief te doen in terme van ons begroting.  Ons het uiteindelik 125 gaste gehad.

Advies aan die paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Probeer en geniet elke moontlike oomblik.  Moenie te veel bekommer om te probeer om jou dag perfek te maak nie, maar dit sal jou net uit stres.  Wat belangrik is, is dat jy aan die einde van die dag met jou beste vriend gaan trou.

Vertel ons van jul wittebrood


Ons het na Botswana gegaan om tyd in die bos te geniet.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: