Johan & Nelmari se pragtige selfdoen bruilof

Johan en Nelmari se hoërskool liefde het geblom in een pragtige liefdesverhaal.  Hulle het ʼn pragtige selfdoen bruilof gehad om hulle liefde te vier.

Die paartjie het genot geput uit die beplanningsproses van hul troudag.  Noukeurige beplanning en ʼn goed uitgewerkte begroting het gehelp dat Johan en Nelmari se pragtige selfdoen bruilof ʼn groot sukses was.  Hulle troudag reflekteer baie stylvol en elegant met die dekor keuses wat hulle gemaak het.  Hulle het gebruik gemaak van baie blare in hulle onthaal se dekor, wat ʼn baie slim opsie is as jy nie te veel geld wil spandeer op blomme nie.  Daar is gebruik gemaak van verskillende kleure blom rangskikkings om die troudag op te helder.  Stylvol, kleurvol en so pragtig.

Is jy besig om self jou troudag te beplan en is opsoek na betroubare diensverskaffers in jou omgewing?  Klik hier en besoek om Mooi Troues Trougids vir top klas aanbevelings vir diensverskaffers in jou omgewing.  Rol nou af en vind inspirasie in Johan en Nelmari se pragtige selfdoen bruilof.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek (as ʼn Graad 10 meisie ) was dol verlief op ʼn Graad 12 matriek seun.  Met ons vriende se hulp het hy uiteindelik ʼn kans gevat op my.  ʼn Kans wat in ewigheid verander het omdat ons liefde vir mekaar sterker as net skool liefde was.  Hy het my verras met ʼn sonsondergang piekniek op Yzerfontein se strand en het my gevra om sy vrou te word.

Die Verlowing Tydperk:


Ons verlowings tydperk sou oorspronklik 1 jaar en 9 maande wees het, maar met KOVID-19 was dit presies 2 jaar.  Ons het self ons troue beplan omdat ons begroting nie toegelaat het om nog ʼn trou beplanner ook te huur nie.  Ek moet sê dit was vir my lekker om die beplanning te gedoen het om te gesien het hoe die finale produk bymekaar gekom het.

Finansiële Aspekte:


Ons het eerstens kwotasies gekry van verskaffers om om te kan sien hoeveel elke afdeling se persentasie begroting moet wees.  Dan het ons daarvolgens ons begroting uitgewerk en tot ons by ons finale bedrag van R160,000 uitgekom het.  Ons het ook saam besluit en gekyk hoeveel ons per maand kan spaar en ons trou datum daarvolgens beplan.  Daar was 120 gaste op ons troue met kinders ingesluit. Doen navorsing en kry soveel as moontlik kwotasies van verskillende verskaffers.  Moet nie die eerste kwotasie aanvaar wat jy kry nie, daar is beter opsies as die eerste een.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir ons albei was dit om ons liefde aan mekaar te kan beloof voor God, familie en vriende.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het besluit om self al die besluite te neem omdat dit ons spesiale dag is en omdat ons self vir die troue betaal het.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad wat ook gesing het op ons troue.

Gunsteling Diensverskaffers:


Elke diensverskaffers het bygedra tot die finale produk en was op hulle eie unieke manier die beste gewees vir ons.  Dis ʼn baie moeilike keuse om slegs 1 diensverskaffer te kies, maar as ek iemand moet kies sal dit Karien by Coco and Lace wees.  Sy het my as bruid so goed opgesom met hoe ek die dekor en blomme wou gehad het, sy het letterlik my verwagtinge oortref.  Die kleur skema van ons blomme het alles so perfek bymekaar ingepas.

Venue & Dekor:


Ons albei het gevoel die venue moet klaar uniek wees sonder enige ekstra dekor.  Elegant, stylvol en eenvoudig en dis presies wat The Venue, Hartswater vir ons gebied het.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Geniet elke oomblik van die troue – staan stil vir 10 minute en kyk rondom julle en neem in wat julle sien, want julle troudag is in ʼn oogwink verby.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


KOVID-19 het ʼn invloed gehad op ons trou datum en moes ons die datum aanskuif.  Ek moet sê alles het só perfek uitgewerk dat ons “nuwe” datum al ons verskaffers gepas het.

Klik hier vir diensverskaffers