Dylann & Gillian se troudag

Ons by Mooi Troues sê baie dankie aan Ruberns Photography vir die pragtige foto’s wat die storie van Dylann en Gillian se stylvolle troue vertel.  Gillian vertel ook hoekom hulle besluit het op dié fotograwe, soos ons hare rede lees is ons trots om Ruberns Photography as ʼn Mooi Troues adverteerder te hê.  Toekomstige bruide is welkom om na Mooi Troues se Trougids te gaan kyk vir trou diensverskaffers wat ons as Mooi Troues met trots kan aanbeveel.

Gillian se trourok het ook vir ons uitgestaan en ons weet sy het al haar gaste laat snak na hul asems.  Ons wil ons lesers se aandag trek na die verskillende pastel kleurige strooimeisie rokke.  Dit is altyd wys om die strooimeisie rokke se kleure te kies wat die meisie wat hul gaan dra se gelaatskleur komplimenteer.

Die dekor van die troue was ook baie skoon en vars gedoen.  Die dekor op die tafel was ook nie te oordonderd nie en gaste kon gemaklik sit en eet terwyl hul met mekaar oor en weer kon gesels.

Nou toe, rol af en ons hoop jul geniet die foto’s soos ons het.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


25 Mei 2018 – Dylann 29 en Gillian  28

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Op skool.  Ons was vir baie jare eers vriende

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was in die Kaap vir die Springbokke en All Blacks rugby wedstryd.  Min wetend wat die eintlike doel was.  Dylann het toe ʼn romantiese ete met ons naby vriende gereël.  Toe my kossies kom, en ek dit oopmaak, sit die boksie met die verloof ring in leë porselein ware.  Dis toe wat hy dit vat en op sy knieë afgaan en vra om te trou.   Natuurlik het my trane geloop en almal rondom.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograwe was uit die boonste rakke.  Ons is so geseënd met wonderlike mense.   Ek het ʼn tyd gelede op Ruberns Photography op Instagram afgekom en was mal oor hulle werk.  Ek het al daardie tyd gedink “Sjoe, as ek hulle kon bespreek as ek eendag trou!”  Ek het baie navorsing gedoen, na werk gekyk van verskillende fotograwe maar hulle het nog elke keer bo uitgekom.  Hulle vang daardie spesiale en onverwagse oomblikke en ook laat voel hulle mens op jou gemak.  En dit wys op hulle werk.  Alles lyk so natuurlik en eg.  Ek dink dit was die grootste tema deur die hele troue.

Vertel ons meer van jul ringe.


Dylann se ring was nogal moeilik, haha!  Meer omdat ons nie geweet het wat ons soek nie.  Iets wat nie bonkige is nie, maar wat by sy karakter pas, sterk en eenvoudig.  My ring was Dylann se keuse.  Ek verjaar in Mei so my geboorte steen is die Emerald en weereens die natuur, die kleur van lewe is wat dit beklemtoon.  Hy weet ook dat ek van iets eenvoudig hou, nie te veel fieterjasies nie.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Vir ons albei was dit daardie oomblik van ons geloftes aan mekaar en dat ons dit kon seel met ons ringe.

Hoe het julle die venue gekies?


Ons het na soveel plekke gekyk op die internet.  En toe ons op Kronenburg  Estate afkom met die amfiteater toe was dit uit en uit die wenner.  Dit was iets anders. Dit het die groenigheid gehad wat ons gesoek het.  Die risiko van reën was selfs die 24ste Mei ʼn realiteit en Angelique het laat weet dat ons dalk moet binnekant toe skyf vir die seremonie.  Maar dit was sommer ʼn dag vol sonskyn toe ons die oggend wakker word.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Ons is albei mal oor die natuur, dus die groenigheid.  Die pastel kleure het dit net so mooi beklemtoon en ek wou nie die tradisionele twee kleure kies nie.  Pinterest was natuurlik my beste maatjie vir die 5 maande van beplanning.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Dit was vir ons ʼn perfekte dag.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Dit is hulle se dag en doen presies waaroor hulle droom.  Dit is so lekker om ons persoonlikhede in die klein goedjies te kon sien en ons gaste kon dit ook waardeer.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons het nie by die begroting gehou nie..haha!  Ons het dit gebruik as ʼn riglyn en was streng daarmee maar daar was sekere goedjies waaraan mens nie gedink het nie (al is Pinterest daar) en dan spring vriende en familie ook sommer in en help.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons gaan ʼn bietjie later eers met wittebrood.  Eerstens omdat Gillian onlangs by ʼn nuwe werk begin het en tweedens net om ʼn bietjie te herstel van die troue se uitgawes.  Ons het reeds beplan waar dit sal wees, Italië, 3 dae in Rome, 3 dae in Florence en dan 3 daggies in Venice.  Ons is ongelooflik opgewonde!

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: