Gratis: Vlikkerstokkie kaartjies

asoapberry_0001


Vlikkerstokkies of “sparklers” soos dit bekend is in Engels is terug en dit is groot by troues. Soapberry  het die mooiste gratis aflaaibare Vlikkerstokkie kaartjies ontwerp wat jy by die huis kan druk op ‘n A4 karton papier. Dit is maklik om dit oor die stokkie te kry deur die gebruik van ‘n gatjie drukker. Nadat jy die kaartjies gedruk het, knip jy dit uit op die lyne. Nadat jy elke kaartjie uitgenip het gebruik ‘n gatjie drukker en maak ‘n gatjie aan die bokant en die onderkant van die kaartjie. Ruig dan die Vlikkerstokkie deur die kaartjie. Geniet hierdie oulike idee vir jou troue.


soapberry_0002 soapberry_0003a soapberry_0004

Artikel Krediet:

Skryfbehoeftes: Soapberry