Jan & Jeanine se Droom Troudag in die Bosveld

Jan en Jeanine se droom troudag in die bosveld is propvol stylvolle trou inspirasie vir paartjies wat in Waterberg-distrik, Limpopo wil trou.

Die paartjie het die groen, roes bruin, wit en beige kleure van die bosveld implementeer in hul troudekor.  Love Beloved het die dekor en -blomme stylvol bymekaar gebring vir die romantiese herfs troue.  Hulle het suksesvol van hulle taak gekwyt deur die kombinering van verskillende materiale en teksture.  Die blom ontwerpe is besonders mooi bymekaargesit en weerspieël die paartjie se keuse van trou kleure.

Jan en Jeanine het goeie herinneringe van die Kaap en baie groot liefde vir die bos en dus was Mooiplaas in Bela-Bela die perfekte keuse as trouvenue vir dié paartjie.   Die trouvenue bied ‘n groot dans vloer en verblyf vir gaste op die perseel, so die paartjie se gaste kon lekker die aand tot laat saam hul makietie.

Die keuse van trou kleure het goed deurgetrek in die bruidspaartjie en hul gevolg se uitrustings.  Jeanine het asemrowend gelyk in ‘n ivoor kleurige noupassende trourok en Jan het dapper gelyk in ‘n groen troupak.  Die strooimeisies se rokke was roesbruin en die strooijonkers het beige langbroeke gedra met netjiese wit hemde.  Die blompatroon dasse het vrolikheid in die kêrels se uitrustings gegee.

Jy kan nou afrol en Jan en Jeanine se droom troudag in die bosveld deur die pragtige fotos geniet.

Paartjie se Liefdesreis:


Die paartjie het die eerste keer ontmoet by Jeanine se ouerhuis in Rustenburg.  Daardie aand het hulle, hul eerste soen gedeel.  ʼn Paar jaar later het hulle mekaar gesien vir ʼn koffie afspraak na Jan se eerste werksonderhoud in Johannesburg.  Daarna het hulle paaie eers geskei vir ʼn rukkie.

In 2019 het hulle mekaar onverwags gesien by ʼn gemeenskaplike vriend se doeke braai, en dit is toe waar dinge weer begin vlam vat.  Na vele video oproepe en oor-en-weer gekuier, besluit Jan om dit offisieel te maak.  Drie jaar en menigte avonture later het Jan vir Jeanine gevra om te trou op Fransmanshoek uitkykpunt op 19 Desember 2022, net duskant Vleesbaai.  Jeanine en haar familie hou al baie jare daar vakansie, wat die oomblik net soveel meer spesiaal gemaak het.  Die velowing was ’n totale verassing, Jan het ’n hele piekniek opgestel wat uitkyk oor die see en sonsondergang.

Trourok:


Jeanine het gaan rokke pas by twee plekke voor sy by Vonve Bridal Couture uitgekom het.  Sy het ʼn redelike idee gehad oor die tipe rok wat sy wou hê, nietemin was die rok wat sy op die ou einde gekies het glad nie soos haar oorspronklike idee nie.  Jeanine het besluit op ’n noupassende satyn rok in ’n ivoor kleur.  Haar rok het ’n losmaakbare romp gedeelte gehad, wat sy vir hul onthaal afgehaal het.

Meer oor Mooiplaas:


Mooiplaas is enig in sy soort en ʼn oase in die bosveld, laat dit in ons hande oor om te verseker dat julle bruilof stresvry en glad sal verloop.  Ervaar ʼn stukkie Kaap in die hartjie van die bosveld, waar beloftes gemaak word onder die groot Wildevy-boom met ʼn prentjie mooi agtergrond.

Die indrukwekkende saal kan ʼn minimum van 100 tot ʼn maksimum van 300 gaste akkommodeer. 

Mooiplaas is ongeveer 125km Noord vanaf Pretoria op die Eersbewoon-pad tussen Modimolle (Nylstroom) en Bela Bela (Warmbad).

Verloof- en Trouringe:


Jan se ring:

Hammered Tiodized Titanium.  Die ring pas spesifiek by Jan, omdat dit effe rustic is.  Hy hou daarvan om unieke keuses te maak, iets wat niemand anders het nie.

Jeanine se ring:

Jeanine se verloof ring, is ʼn ovaal diamant, baie eenvoudig en tydloos.  Die pand het Jeanine ontwerp om by haar verloof ring te pas.  Die idee was om die pand ook alleen te kon dra sou sy wou.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


  • Toe Jeanine en haar pa by die kapel instap.  Vir beide van hulle was dit ʼn besonderse oomblik.
  • Die dominee se diens rondom “die tou” en die simboliek daarvan.  Hoe hulle saam sterker is in alledaagse lewe, asook in hul huwelik.
  • Die ligte reën gedurende die diens.
  • Die vorige aand se kuier by Catsle de Wildt saam al die familie en vriende wat van ver af gekom het vir hul huweliksbevestiging.
  • Hulle fotos in die bos met sagte reën en donderwolke in die verte met die sonsondergang wat deurbreek.
  • Die kuier, dans en partytjie saam al hul vriende en familie.
  • Die kos was besonders, van so aard dat sommige gaste die disse tuis probeer namaak het.

Trou Dekor en Styl:


Jan en Jeanine wou hou by die natuurlike kleure van die bos.  Dit was ‘n droom van Jan om nog altyd in ʼn bosveld groen pak trou, daarom het die paartjie gegaan met kleure wat dit sal komplimenteer.  Dit was ʼn kombinasie van bosveld groen, roes bruin, wit en beige.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


  • Don’t sweat the small stuff, net jy weet daarvan.
  • Geniet ELKE oomblik van die dag – dit vlieg verby.
  • Vat tyd saam mekaar voor die onthaal – al is dit net 10 minute, sonder fotograwe, gaste, familie.  Net julle twee.
  • Die paartjie se seremoniemeester was uiters goed en dit speel ʼn groot rol in die aand en verloop van gebeure, so kies iemand wat julle albei goed
    ken en gaste kan lees.

Trou Venue:


Jan en Jeanine is albei mense wat hou van die natuur, so die paartjie wou graag ʼn venue buite die stad hê.

Mooiplaas se buitelug kapel met die groot vyeboom wat as fokus punt gebruik word was iets wat dadelik hul harte aangegryp het.  Hulle wou graag in die somer trou en het gehou van die idee dat die canapés ook buite gedoen sou word.  Hulle het gehou van die feit dat daar verblyf op die venue was en genoeg verblyf in die omliggende area, om al die gaste te huisves.  Die venue het hul ook ʼn gevoel van die Kaap gegee, met die Kaap-Hollandse gebou.  Jan en Jeanine het baie goeie herinneringe van die Kaap.  Dié venue is ook baie bekostigbaar en het ʼn GROOT dansvloer!

Meer oor Love Beloved:


Ongeag die styl of kleur skema, werk Love Beloved saam paartjies om hul prentjie mooi troue in ʼn realiteit te omskep.  Dit is Love Beloved se passie om ʼn troue te omskep in ʼn asemrowende sprokies atmosfeer.  Of dit ʼn tydlose elegansie, modern, vintage, rustieke of boheemse troue is, help Love Beloved jou met elke tree van die beplannings proses vir jou droom troudag.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Mooiplaas, fotograwe (Anne Grace Photography ), Love Beloved, Erna van Schoor, die platejoggie (Events Engine) en Natasha Harmse Leather Works.

Eerste Dans:


Dermot Kennedy – Kiss Me

Trou Begroting en Beplanning:


Jan en Jeanine het om en by 8 maande aan hul troue beplan. Hulle het 136 gaste onthaal teen ʼn koste van R2,300 per kop –  alles insluitend.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: