Andreas & Joanne se selfdoen troue

By Mooi Troues hou ons daarvan om mooi selfdoen troues met ons lesers te deel.  Ons vind regtig plesier daarin om te sien hoe kreatief Afrikaners is.  As Afrikaners is ons ook baie familie vas en dit is altyd ‘n voorreg as ons familie lede ons help ‘n groot dag, veral  soos ‘n troudag, met ons deel in die sin van hul handewerk, tyd en moeite insit.  So, kan ons suster-liefde sien vandag in Andreas en Joanne se selfdoen troue wat Photography by Lize op haar kamera vasgevang het vir verewig.

Andreas en Joanne_0002 Andreas en Joanne_0003 Andreas en Joanne_0004 Andreas en Joanne_0005 Andreas en Joanne_0006 Andreas en Joanne_0007 Andreas en Joanne_0008 Andreas en Joanne_0009 Andreas en Joanne_0010 Andreas en Joanne_0011


Vertel ons van julle ontmoeting?

In 2006 in die begin van ons Universiteit loopbaan het ons oudste susters ons aan mekaar voorgestel.  Na ‘n vriendskap van 5 jaar het ons die liefde n kans gegee.  Andreas is ‘n hardwerkende goed gemanierde man en ‘n boerseun in murg en been. Enige vrou se droom. Joanne se eerlikheid, sag geaardheid en die feit dat sy ‘n mense mens is het my na haar aangetrek.


Andreas en Joanne_0012 Andreas en Joanne_0013 Andreas en Joanne_0014 Andreas en Joanne_0015 Andreas en Joanne_0016 Andreas en Joanne_0017


Vertel ons van die tema van jul troue?

Beide van ons is lief vir die natuur en hou daarvan om iets self te doen as ons kan.  Ons wou graag hê die troue se dekor moet weerspieël wie en wat ons is en waarvan ons hou.  Met vier wonderlike skoonsusters en my eie suster was dit moontlik om al die dekor self te doen.


Andreas en Joanne_0018 Andreas en Joanne_0019 Andreas en Joanne_0020 Andreas en Joanne_0021 Andreas en Joanne_0022


Advies wat jul aan ander paartjies kan gee?

Om mekaar baie goed te ken voor ‘n mens in die huwelik tree help ongelooflik baie.  Kommunikasie en die inagneming van mekaar skakel beslis misverstande uit.


Andreas en Joanne_0023 Andreas en Joanne_0024


Waar het julle gegaan vir julle Wittebrood?

Ons is baie lief vir die plaas- en seelewe.  Ons het dus ‘n paar dae in die Weskus spandeer en Kol-Kol by Botrivier was ons plaas wegbreek.


Andreas en Joanne_0025 Andreas en Joanne_0026 Andreas en Joanne_0027 Andreas en Joanne_0028 Andreas en Joanne_0029 Andreas en Joanne_0030 Andreas en Joanne_0031 Andreas en Joanne_0032 Andreas en Joanne_0033 Andreas en Joanne_0034 Andreas en Joanne_0035

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: