Marnus & Elande se Volla verlowing

Juanita du Plessis se lied “Jou Volla” kom na gedagte met die verlowing fotosessie van Marnus en Elande.  In Abundance Photography het die storie van jonk en verlief wees met die oop pad vorentoe mooi vasgevang op kiekies.  Die kiekies vertel ‘n storie van ‘n baie oulike paartjie wat smoorverlief is en reg is om hul lewe saam te begin as getroude paartjie.

Marnus & Elande verlowing_0002 Marnus & Elande verlowing_0003

Vertel ons van julle ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons was saam op Laerskool en Hoërskool maar mekaar net geken van sien.  Hy het toe ek in tweede jaar op universiteit was deur ‘n vriendin van my se Facebook gesigblad my foto gesien en op my profiel probeer kyk. Nadat hy wyser geword het dat ek fisioterapie swot en sy niggie sport masserings doen het hy n konneksie probeer maak en aangebied dat sy niggie mense soek om haar te help met sport massering sou ek en n paar vriendinne dalk belangstel… Dit het nooit gerealiseer nie maar n koffie afspraak wel by Dopio Zero in Southdowns.  Ek wou vir nege maande niks weet van n verhouding nie. Sy spontaneïteit, glimlag, ondeundheid en standvastigheid in ons Hemelse vader het my vasgevang en kon ek nie meer weghardloop nie. Elandè se egtheid, sagte hart en donker hare het Marnus se hart van die begin af vinniger laat klop.

Marnus & Elande verlowing_0004 Marnus & Elande verlowing_0005 Marnus & Elande verlowing_0006 Marnus & Elande verlowing_0007 Marnus & Elande verlowing_0008 Marnus & Elande verlowing_0009 Marnus & Elande verlowing_0010 Marnus & Elande verlowing_0011

Vertel ons meer van julle verlowing


Ons het n naweek wildtuin toe gegaan saam met familie. Op pad terug het die wiele deur Sabie gerol en toe besluit hy en sy nefie sommer ‘uit die bloute’ ons slaap daar oor en ry die volgende dag verder. By Lone Creek Riverside Lodge het die vrou effe vergeet om n piekniek mandjie gereed te kry en moes sy inderhaas een aanmekaar slaan sonder my medewete.  Intussen het ons maar die dorpie gaan verken en katte en honde sien neerreën – net genoeg om n man se senuwees te tart. Met goeie inisiatief is die piekniek sommer voor ʼn kaggel in ʼn houthuis uiteengesit.  Ek het niksvermoedend ingeloop en n man op sy knieë gekry met hande wat effens bewe en ‘n familie fotograaf wat meer trane gepik het toe ek ja sê as wat daar fotos geneem was.

Marnus & Elande verlowing_0012 Marnus & Elande verlowing_0013 Marnus & Elande verlowing_0014 Marnus & Elande verlowing_0015 Marnus & Elande verlowing_0016 Marnus & Elande verlowing_0017 Marnus & Elande verlowing_0018 Marnus & Elande verlowing_0019 Marnus & Elande verlowing_0020

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons is mal daaroor om te ry en nuwe plekke te verken. So as die wiele rol is dit elke keer ‘n avontuur wat lê en wag – maak nie saak waarheen ons op pad is nie. Met goeie musiek, natuur, padkos en goeie geselskap vind ons die pad na mekaar se harte en vier ons die lewe onder die mooie Afrika son.

In Abundance Photography het regtig elke kosbare oomblik saam perfek vasgevang met ‘n goeie oog en hope talent van wie ons is – ‘plain janes’ wat die klein dingetjies in die lewe soek en ons Hemelse Vader daarvoor eer. Ons het lanklaas soveel oorvloed van kreatiwiteit beleef! Duan se Volla het die fotosessie gemaak met sy oud-modieuse karakter!

Marnus & Elande verlowing_0021 Marnus & Elande verlowing_0022 Marnus & Elande verlowing_0023 Marnus & Elande verlowing_0024 Marnus & Elande verlowing_0025 Marnus & Elande verlowing_0026 Marnus & Elande verlowing_0027 Marnus & Elande verlowing_0028 Marnus & Elande verlowing_0029

    Artikel Diensverskaffers:

    • Venue:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: